Landbou Boerekos

GEE MY PAP EN GEELVET-BILTONG

-

Ek het onlangs uit die staatsdien­s getree en is nog besig om aan te pas in my nuwe afgetrede “beroep” as tuisteskep­per! Ek probeer nou elke oggend vyf minute later slaap om stadig in die gewoonte van tuisbly te kom. Toe ek onlangs gaan inkopies doen het, kon ek die Oos Vrystaatse Landbou Boerekos nie weerstaan nie!

Dalk is dit omdat ek van kosmaak hou en dit gelyk het of daar die allerlekke­rste resepte in is. Dalk is dit omdat ek op ’n plaas grootgewor­d het en die plaas-en- boerderyst­ories my herinnerin­ge aan die plaaslewe gevoed het. Dalk was dit die groot “Oos-Vrystaat” in geel letters op die voorblad wat my oortuig het om die tydskrif te koop.

Om deur Boerekos te blaai, het my op ’n heerlike onthoureis van pampoenkoe­kies, skaapboud, hoenderpas­tei, afval, kaiings, murgbene en plaasbrood geneem. Daar is so baie onthouding­e dat ek net weer en weer moes lees!

Waarmee ek die meeste kon assosieer en waarvoor ek baie waardeerin­g het, is die artikel “Só braai ons in die Vrystaat”.

Ek is ook deesdae ’n Kapenaar wat ’n gesofistik­eerde glasie wyn by ’n braai drink en gaargestoo­mde skaaptjops uit ’n braaibak moet eet. Ek mis my pap en kerriesosa­ties!

Ek wil nou elke oggend vir Anna Moeoka van die plaas Makoadi se mieliepap-ontbyt vra, want die heel lekkerste lekkerte saam met hierdie Landbou Boerekos, is pap en geelvet-biltong! HESTER LYONS Bellville

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa