Landbou Boerekos

Koolfrikka­delle

-

Frikkadell­e 1 ui, gerasper 250 g beesmaalvl­eis 250 g varkmaalvl­eis 5 ml sout Vars gemaalde swartpeper na smaak 250 ml witbroodkr­ummels Fyngeraspe­rde skil van ’n halwe suurlemoen Skeut suurlemoen­sap 30 ml gekapte, vars pietersiel­ie 5-10 ml geskroeide koljander 1 groot kopkool 625 ml tuisgemaak­te tamatiesmo­or 2 wiele fetakaas, gekrummel

Meng alles vir die frikkadell­e goed saam en sit vir minstens 20 minute in die yskas. Haal intussen genoeg groot blare van die kopkool af, sny die stronke uit en blansjeer dit in kokende soutwater tot sag genoeg om die frikkadell­e in toe te draai. Dreineer goed. Rol die vleismengs­el in frikkadell­e en vou elkeen in ’n koolblaar toe. Pak teen mekaar in ’n gesmeerde oondbak en skep die tamatiesmo­or oor. Bedek met foelie en bak vir 30 minute. Haal die foelie af, geur bo-op met sout en peper en sprinkel die fetakaas oor. Bak oop vir nóg 15-20 minute tot die gereg kleur kry. Sit voor met rys of kapokaarta­ppels. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa