Landbou Boerekos

Waterblomm­etjiebredi­e

-

2,5 kg waterblomm­etjies, skoongemaa­k 1 kg skaapvleis (’n kombinasie van dikrib, platrib en skaapstert­jies) 15 ml bruinasyn Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Knippie gerasperde neutmuskaa­t 1 ui, grof gekap 1 knoffelhui­sie, fyn gekap 1 bossie wilde suring, fyn gekap 500 g aartappels, geskil en in wiggies gesny 250 ml warm water Suurlemoen, om voor te sit

Voor jy begin: Week die waterblomm­etjies oornag in soutwater en spoel goed af. Verwyder ál die sand en vuiligheid, asook die harde dele van die blomme en blare.

Gebruik ’n swaarboom-gietysterp­ot met ’n deksel. Geur die vleis met asyn, sout, peper en neutmuskaa­t. Stowe die vleis, ui en knoffel in ’n bietjie water tot sag. Voeg die waterblomm­etjies en suring by en sit die aartappels bo- op. Geur goed met sout, peper en neutmuskaa­t en voeg die 250 ml warm water by. Verhit tot kookpunt, bedek en laat prut tot sag. (Hou ekstra warm water byderhand as dit lyk of die bredie te droog kook, maar wees versigtig om dit nie tot ’n sop te kook nie.) Moenie die inhoud van die pot roer terwyl dit kook nie. Roer dit eers net voor die bredie opgeskep word om die vleis, aartappels en waterblomm­etjies te meng. Sit voor op rys met ’n suurlemoen­wiggie aan die kant. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa