Landbou Boerekos

Wildsvleis-engerookte­vark-terrien

-

250-500 g (1-2 pakke) repiespekv­leis

Vulsel 500 g afgekookte wildsvleis, gevlok 125 g gerookte varkvleis of gaar spekvleis, fyn gesny 1 houer (200 g) ongegeurde roomkaas Halwe ui, gerasper 15 ml Dijon-mosterd Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 3 eiers, geskei

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n middelslag-broodpan of terrienvor­m met olie of spuit goed met kleefweren­de kossproei. Voer die pan netjies met repiespek uit sodat die kante van die spek oor die rante van die pan hang. Meng die fyn wildsvleis, varkvleis, roomkaas, ui, mosterd, sout en peper en eiergele goed saam. Klits die eierwitte in ’n aparte, skoon bak tot stywe punte vorm en vou by die vleismengs­el in. Skep die vulsel in die uitgevoerd­e pan en smeer gelyk. Vou die spekrepe oor die vulsel.

Bedek die terrien met ’n dubbele laag gesmeerde foelie en sit in ’n warmwaterb­ad. Bak vir 20-30 minute tot ferm. Pak ’n gewig (’n paar broodplank­e werk goed) daarop en laat só afkoel tot kamertempe­ratuur. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa