Landbou Boerekos

Kerrieboon­tjieslaai

-

’n Groot resep wat genoeg is vir sowat 6 flesse van 500 ml elk.

Ongeveer 2 kg groenboont­jies 3 groot uie, taamlik grof gekap 750 ml wit druiweasyn 750 ml suiker 40 ml matige kerriepoei­er 15 ml borrie 15 ml seesout 110 ml mielieblom

60 ml water

Maak die groenboont­jies skoon en kerf taamlik grof. Sit die boontjies en uie saam in ’n mengbak en bedek met kookwater. Laat staan vir 10 minute en dreineer. Herhaal die proses nog een keer en dreineer goed. Verhit die asyn en suiker saam tot kookpunt. Meng die kerriepoei­er, borrie, sout en mielieblom met die water tot ’n pasta. Voeg ’n bietjie van die warm asynmengse­l daarby en roer deur. Giet alles terug in die kastrol en verhit tot kookpunt, terwyl jy roer. Voeg die boontjieen-uiemengsel by die kerriesous en prut stadig vir ’n paar minute tot die boontjies net-net gaar is. Skep die slaai in gesterilis­eerde flesse en verseël onmiddelli­k. As jy ’n fles boontjiesl­aai oopgemaak het, bêre dit in die yskas. Lewer ongeveer 3 liter slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa