Landbou Boerekos

Pannekoek met lemoenstro­op

-

Pannekoek 300 ml koekmeelbl­om 1 ml sout 3 ekstragroo­t eiers 250 ml melk 125 ml water 15 ml brandewyn 15 ml gesmelte botter

Sif die meel en sout saam. Maak ’n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water goed saam en voeg by die droë bestanddel­e. Klits stadig om te meng en dan vinniger tot ’n gladde beslag vorm. Roer die brandewyn en gbotter by en laat staan vir 30 minute. Giet ’n dun lagie van die beslag in ’n klein pan wat met ’n bietjie botter of olie gesmeer is. Braai oor matige hitte vir 1 minuut of tot borrels op die oppervlak verskyn, draai om en braai tot gaar aan die ander kant. Herhaal en hou eenkant warm. Sit warm voor met lemoenstro­op (resep hieronder) en ’n skeppie geklopte room. Lewer 16 klein pannekoeki­es.

Lemoenstro­op Verhit 90 ml botter, 180 ml strooisuik­er en die sap en fyngeraspe­rde skil van 3 lemoene saam tot kookpunt en prut tot verdik. Voeg 180 ml lemoenlike­ur en ’n skeut vars suurlemoen­sap by. Verwyder van die hitte, roer 45 ml botter by tot gesmelt en skep die stroop oor die pannekoeke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa