Landbou Boerekos

Konfytvier­kante ( tasty squares)

-

Dié resep kom van Lucille se ma, Gerrie, af en is een van die resepte wat sy gereeld as dogtertjie gebak het.

115 g sagte botter 125 ml suiker 1 eier 500 ml koekmeel 10 ml bakpoeier 10 ml vanieljege­ursel 250 ml gladde appelkoosk­onfyt

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n vierkantig­e koekpan van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit. Smeer weer. Verroom die botter, suiker en eier en meng die res van bestanddel­e by tot ’n stywe deeg vorm. Verdeel die deeg in twee en sit die een helfte in die vrieskas. Druk die ander helfte van die beslag in die pan, smeer die konfyt egalig oor en rasper die res van die deeg grof oor. Bak vir ongeveer 20 minute tot dit ’n mooi, liggoudbru­in kleur het. Sny in blokkies terwyl dit nog warm is. Lewer ongeveer 20 blokkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa