Landbou Boerekos

Siterkonfy­t

-

Siter (ook bekend as bitterlemo­en of sitroen) is ongelukkig deesdae baie skaars, maar jy kook die heerlikste konfyt daarvan. Vir siterkonfy­t gebruik jy vrugte wat nog donkergroe­n van kleur is. Skil of rasper die groen buiteskil dun af, sny die vrugte oop en skep die vleis met 'n teelepel uit. Net die dik skil word vir die konfyt gekook.

Vrugte 1,8 kg siters Water

Stroop 1,8 kg suiker 8 liter water

Skil die vrugte dun af of rasper die buitenste lagie skil af. Sny elke vrug in kwarte, skep die vleis uit en behou die dik skille. Bedek die skille met vars water en laat staan vir 4 dae. (Vervang die water een keer gedurende dié tydperk.)

Gooi ná vier dae die water af en sit die

vrugte in ’n groot kastrol. Bedek met water en verhit tot kookpunt. Kook tot die skille so sag is dat ’n vuurhoutji­e maklik daardeur gesteek kan word.

Verhit die suiker en water vir die stroop in ’n groot kastrol tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook tot ’n dun stroop vorm. Sit die siterstukk­e een-een in die kokende stroop sodat die stroop deurentyd aanhou kook. Kook tot die stroop dik en die skil deurgekook is. Skep die stroop deurdrenk te siter stukke in gesterilis­eerde flesse en vul die flesse met die stroop. Verseël en bêre die konfyt op ’n koel, droë, donker plek. Lewer 4 groot flesse konfyt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa