Landbou Boerekos

Anysbeskui­t

-

Lucille bak haar anysbeskui­t met vars suurdeeg wat sy by haar plaaslike supermark se bakkery-afdeling kry. Sy laat die deeg stadig rys, wat die beskuit ’n besonderse geur gee – byna asof dit met soetsuurde­eg gemaak is.

750 ml melk 4 x 250 ml suiker 30 ml sout 460 g margarien of botter 1 vars suurdeegko­ekie van ongeveer 46 g 8 eiers, geklits 5 kg koekmeel 60 ml anyssaad 6 x 250 ml lou water

Glaseersel 60 ml suiker 45 ml warm melk 1 eier, geklits

Dag 1: Verhit die melk, suiker, sout en margarien of botter saam tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm en krummel die suurdeeg by. Laat staan tot die mengsel skuimerig is en klits die eiers by. Roer genoeg van die meel by tot die mengsel so dik soos room is. Roer die anyssaad by. Maak die bak dig toe en laat staan vir ongeveer 10 uur om te rys. Dag 2: Voeg die res van die meel en genoeg louwarm water by die anysmengse­l om ’n hanteerbar­e deeg te vorm. Knie die deeg goed tot glad en elasties. Sit die deeg in ’n groot, gesmeerde skottel, bedek weer en laat rys op ’n warm plek tot die deeg verdubbel het in volume. Knie die deeg af. Smeer ’n paar groot broodpanne met botter of olie. Vorm die deeg in bolletjies en pak langs mekaar in die panne. Laat die beskuit baie goed uitrys in die panne, tot die panne vol is. Voorverhit die oond tot 150 ° C. Glaseersel: Meng die suiker en warm melk saam tot die suiker opgelos is. Voeg die geklitste eier by. Verf die mengsel oor die beskuit voor dit gebak word. Bak die beskuit vir ongeveer 45 minute tot goudbruin, uitgerys en deurgaar. Lewer 20 dosyn beskuit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa