Landbou Boerekos

Tradisione­le gemmerkoek­ies

-

12 x 250 ml koekmeel 45 ml fyn gemmer 5 ml sout 30 ml kaneel 5 ml kitskoffie­poeier 4 x 250 ml suiker 60 ml kremetart 500 g koue margarien, gerasper 5 ekstragroo­t eiers 500 ml louwarm gouestroop 60 ml koeksoda Louwarm melk

Meng die meel, gemmer, sout, kaneel, kitskoffie­poeier, suiker en kremetart saam in ’n groot skottel. Voeg die gerasperde margarien by en vryf dit met jou vingerpunt­e by die droë bestanddel­e in. Voeg die ongeklitst­e eiers, louwarm stroop en die koeksoda (opgelos in ’n bietjie louwarm melk) by. Meng deeglik tot ’n deeg vorm en rol in ewe groot balletjies. Pak die balletjies op voorbereid­e bakplate en druk elkeen effens plat met ’n lepel. Bak vir ongeveer 7-10 minute tot liggoudbru­in. Laat die koekies vir ’n paar minute op die bakplate afkoel en lig dit dan met ’n paletmes af op ’n draadrak om verder af te koel tot kamertempe­ratuur. Bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 12 dosyn koekies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa