Landbou Boerekos

RESEPTE Bobotie

-

3 groot uie, gerasper 30 ml olie 1 kg maalvleis 5 ml neutmuskaa­t 5 ml tiemie 5 ml rooipeper ( cayenne pepper, opsioneel) 15 ml matige kerriepoei­er 15 ml borrie 3 lourierbla­re 60 ml fyn appelkoosk­onfyt 60 ml blatjang 250 ml goue sultanas (nie rosyntjies nie) 1 blik (420 g) hoenderroo­msop 125 ml bruinasyn 60 ml witsuiker 2 dik snye bruinbrood, geweek in 125 ml melk

Bolaag 125 ml melk 3 eiers Sout en peper na smaak 6-8 lourierbla­re Klapperska­afsels, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die uie in die olie tot goudbruin. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die speserye by, braai goed en voeg dan die res van die bestandele vir die vleismengs­el by. Verhit tot kookpunt en prut vir 10 minute. Skep die vleismengs­el in ’n oondbak. Klits die melk en eiers saam en geur met sout en peper. Giet dit oor die bobotie en plaas die lourierbla­re bo-op. Bak vir 45 minute. Sit dit voor saam met die klapperska­afsels (en piesang, as jy waaghalsig voel). Lewer 10-12 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa