Landbou Boerekos

Perfekte pangebraai­de steak

-

As jy goeie steak koop wat reg verouder is, is dit nie nodig om dit te marineer of met allerlei geurmiddel­s en souse dood te gooi nie.

Haal die steak uit die yskas ’n geruime tyd voor jy dit wil panbraai en laat dit kamertempe­ratuur bereik voor jy dit gaarmaak.

Maak ’n droë swaarboom- of riffelpan baie warm.

Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n bord en druk albei kante van die steak daarin. (Jy olie dus die steak, nie die pan nie).

Sit die steak – jy kan dit kort voor dit gaargemaak word, terwyl dit gaargemaak word, of agterna geur – in die pan en braai sonder om dit vir minstens 1 minuut op te lig. Die vleis moet seël. Wanneer dít gebeur, sal die steak self van die pan loskom. Draai om en seël aan die ander kant. Braai die steak tot gaar na jou smaak. Haal uit die pan, druk ’n skeut vars suurlemoen­sap oor en laat rus die steak vir minstens 5 minute voor jy dit sny of eet. Sit voor met ’n stukkie gegeurde botter wat daarop smelt, aartappels­kyfies of bros uieringe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa