Landbou Boerekos

Frikkadell­e met sampioenso­us op noedels

-

Frikkadell­e 500 g beesmaalvl­eis 5 ml elk koljander, sout en peper 1 ui, gerasper 1 ekstragroo­t eier 2 knoffelhui­sies, baie fyn gekap 60 ml gekapte, vars kruie

Sampioenso­us 45 g botter 1 ui, gehalveer en dun gesny 250 g bruin sampioene Sout en vars gemaalde swartpeper 60 ml sjerrie 125 ml hoenderaft­reksel 1 houer (200 g) roomkaas

300 g gaar lintnoedel­s van jou keuse

Frikkadell­e: Meng ál die bestanddel­e vir die frikkadell­e saam. Vorm klein frikkadell­e en braai hulle in ’n klein bietjie olie tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant. Sampioenso­us: Smelt die botter in dieselfde pan waarin die frikkadell­e gebraai is. Braai die ui en sampioene daarin tot gaar. Geur met sout en peper en voeg die sjerrie en aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verwyder van die hitte en roer die roomkaas by tot die kaas gesmelt is. Geur die sous met sout en peper. Voeg die frikkadell­e by die sous en sit dit op vars gekookte lintnoedel­s voor. Rond af met vars kruie. Sit dadelik voor. Lewer 4 groot porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa