Landbou Boerekos

Dubbelkaas­burger

-

Vleiskoeki­es 500 g maalvleis 3 ml elk sout en swartpeper 2 snye brood, fyn gekrummel 5 ml gemaalde koljander, liggies gerooster 60 ml elk gerasperde parmesaan, cheddar en gekrummeld­e fetakaas

Olie, vir braai 4 groot broodrolle­tjies Botter en slaaiblare 1 camembert, in dun skyfies gesny

Meng die maalvleis, sout, peper, broodkrumm­els en koljander saam en verdeel die mengsel in 4 gelyke dele. Vorm 4 vleiskoeki­es en verkoel 30 minute lank. Maak ’n snit in die sykant van elke vleiskoeki­e met ’n baie skerp groentemes (wees versigtig om nie gate daarin te steek of dwarsdeur te sny nie). Meng die drie kase, skep ’n porsie van die mengsel in die holte wat in elke vleiskoeki­e gevorm word en druk die opening weer goed toe. Verkoel weer vir minstens 30 minute. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die vleiskoeki­es daarin tot goudbruin en deurgaar. Smeer die broodrolle­tjies met botter en sit slaaiblare op. Nadat jy die vleiskoeki­es ’n laaste keer in die pan omgedraai het, pak camembert op elkeen en sprinkel enige oorskiet-kaasmengse­l oor. Bedek die pan met ’n hoë deksel wat nie aan die kaas sal raak nie. Laat die hitte van die pan die kaas smelt. Sit die vleiskoeki­e op die slaaiblare en sit die bokant van die rolletjie op. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa