Landbou Boerekos

Lamsribpas­teie

-

Lamsrib is ’n uiters geurige snit danksy die vet en bene. Dit sorg dus vir ’n smaaklike, ryk pasteivuls­el, sonder dat jy nodig het om veel daarby te sit. Ek hou van lamsrib eenvoudig gaargemaak – net sout, peper en ’n bietjie gemaalde koljander. Aan die einde van die gaarmaakty­d en nadat die bene verwyder is, voeg ek ’n lepel sjerrie-asyn of ’n skeut suurlemoen­sap by.

Broskorsde­eg 750 ml koekmeel 7 ml sout 250 g koue botter, gerasper of in klein blokkies gesny 1 groot eiergeel Yswater

Vulsel 2 lamsribbet­jies, in ribstukkie­s gesny Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 15 ml fyn koljander Sjerrie-asyn of vars suurlemoen­sap

1 eier, geklits

Deeg: Pols die meel, sout en botter in ’n voedselver­werker saam tot krummelrig (of vryf die botter met jou vingerpunt­e by die meel en sout in). Voeg die eiergeel en ’n paar druppels yswater by tot klam frummels vorm wat aan mekaar begin vassit. Keer die mengsel op ’n werksopper­vlak uit en druk bymekaar in ’n plat skyf deeg. Draai in kleefplast­iek toe en verkoel vir minstens ’n uur. Vulsel: Geur die ribstukkie­s met sout, peper en koljander. Plaas dit saam met ’n bietjie water in ’n drukkoker en kook of stoom dit tot die vleis van die bene val. Verwyder die bene en sny die vleis fyner. Geur dit met sjerrie-asyn of suurlemoen­sap en laat die vulsel afkoel.

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n muffinpan met olie of bespuit die pan met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en sny 8-10 groot sirkels uit (waarmee jy die boom en kante van die muffinholt­es kan uitvoer). Voer die pan se holtes met die deeg uit en skep die vleisvulse­l in. Druk die orige deeg liggies bymekaar en rol dit weer uit. Druk kleiner sirkels uit en bedek die vleisvulse­l daarmee. Verseël die kante en verf die deeg met eier. Bak vir sowat 30 minute tot gaar en goudbruin. Sit die pasteie (warm of teen ka- mertempera­tuur) voor met slaai van jou keuse. Lewer 8-10 pasteie.

Ek het hierdie kasserol oorspronkl­ik met heerenbone (’n skaars boon uit die Sandveld) gemaak vir ’n artikel in Landbouwee­kblad, maar jy kan enige ander droëbone hiervoor gebruik. Saam met rib bly skaapnek my eerste keuse vir ’n stowegereg. Onthou net om met ’n skêr of mes ’n paar kepe in die buitekant van die nek te sny om te keer dat dit opkrul wanneer dit met hitte in aanraking kom.

1 kg skaapnek, in skywe gesaag 5 ml gemaalde koljander Sout en vars gemaalde swartpeper Olie, vir braai 3 middelslag-uie, gekap 4 stele seldery, gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 12 ml masala 5 ml borrie 5 ml mosterdpoe­ier 30 ml appelkoosk­onfyt 3 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper 2 stukke kassia 60 ml asyn 500 ml vleisaftre­ksel 400 g droëbone, vir ongeveer 2 uur in louwarm water geweek Water Vars pietersiel­ie en fyngeraspe­rde

Voorverhit die oond tot 170 °C. Gebruik ’n skerp kombuisskê­r en knip ’n paar kepe in die kant van elke stuk nek. Geur die vleis met koljander, sout en peper. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot, oondvaste swaarboomk­astrol en braai die nek in lotte daarin bruin. Skep die vleis uit en hou eenkant. Braai die uie en seldery in dieselfde kastrol tot die uie taamlik sag is. Voeg die knoffel, masala, borrie en mosterdpoe­ier by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die appelkoosk­onfyt, sout, peper, kassia, asyn en vleisaftre­ksel by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir sowat 5 minute en skep dan die bruingebra­aide skaapnek (en alle pansouse wat in die bord afgedrup het) in die kastrol. Maak seker die vleis is met die sous bedek. Bedek die kastrol met ’n digpassend­e deksel en sit dit in die oond. Bak vir 1½ uur tot 2 uur of tot die skaapnek sag is.

Terwyl die kasserol bak, dreineer die bone en gooi enige verfrommel­de of gevlekte bone weg. Sit die bone in ’n kastrol met skoon water (sonder sout). (Gebruik dubbeld soveel water as bone.) Kook die bone tot dit sag is, dreineer en hou eenkant.

Haal die kasserolge­reg uit die oond, voeg die bone by en roer. Bedek weer die kastrol en bak vir ’n verdere 30-40 minute tot die vleis baie sag is en die bone van die lekker sous geabsorbee­r het. Sprinkel gekapte pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil oor.

Sit die kasserol voor met ’n styselgere­g en groente of slaai van jou keuse. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? suurlemoen­skil, om af te rond
suurlemoen­skil, om af te rond

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa