Landbou Boerekos

Vinnige varkvleisk­errie

-

1 ui, gekap 45 ml olyfolie 30 ml vars gemmer, gerasper 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 1 groen brandrissi­e, fyn gekap 5 ml gemaalde koljander 15 ml komyn 2 ml borrie 15 ml kerriepoei­er 1 blik (410 g) gekapte tamaties 125 ml water Sout, swartpeper en knippie suiker

30 ml olyfolie 750 g varkfilet, in dun repies gesny 100 ml dik, natuurlike jogurt Sap van een suurlemoen Roti’s of rys, geroosterd­e kasjoeneut­e en vars koljander, om mee voor te sit

Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die gemmer, knoffel, brandrissi­e, koljander, komyn, borrie en kerriepoei­er by en braai tot geurig. Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir ongeveer 10 minute. Geur na smaak met sout, peper en suiker.

Terwyl die sous prut, verhit die olyfolie in ’n pan en braai die varkfiletr­epies daarin tot netnet goudbruin. Skep die vleis in die geurige kerriesous en prut vir ongeveer 10 minute.

Verwyder van die hitte, roer ’n paar lepels jogurt deur en geur die res van die jogurt met suurlemoen­sap om saam met die kerrie voor te sit. Rond af met grofgekapt­e, geroosterd­e kasjoeneut­e en vars koljanderb­lare. Sit voor in roti’s of op rys. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa