Landbou Boerekos

Varkvleis sosaties

-

Die geure van paprika en komyn pas goed by varkvleis. Ek het net varkvleis en spek op die stokkies geryg, maar as jy verkies om groente by te sit, sal blokkies rooi soetrissie goed werk by die geure van die speserye.

10 ml paprika 10 ml geroosterd­e, fyn komyn Sap van 1 groot suurlemoen 30 ml tamatiepur­ee 45 ml olyfolie 1 kg varkfilet, in blokkies gesny 1 pak repiespek (met lekker baie vet), in repies gesny Sout en vars gemaalde swarpeper

Meng die paprika, komyn, suurlemoen­sap, tamatiepur­ee en olyfolie saam en giet dit oor die varkvleis in ’n nie-metaalbak. Meng die vleis en speserye goed. Bedek en laat vir 1-3 uur in die yskas marineer. Ryg die varkvleisb­lokkies en stukkies spekvleis op sosatiesto­kkies. Geur met sout en swartpeper en braai die sosaties oor matige hitte tot gaar na smaak. Sit voor met aartappels­laai en braaibrood­jies. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa