Landbou Boerekos

Pitas gevul met koolslaai, varkvleisf­rikkadelle en bloukaas

-

Hierdie kortpad-middagete skiet beslis nie tekort aan geur nie. Jy kan nog tyd en moeite bespaar deur sommer die varkworsie­s heel gaar te maak en die pitas met stukkies daarvan te vul.

500 g varkworsie­s Olie, vir braai 8 pitabrode 500 ml gesnipperd­e blaarslaai 500 ml klaarberei­de koolslaai 100 g bloukaas, dun gesny of gekrummel

Druk die worsvleis uit die derms en rol dit in ewe groot balletjies. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n swaarboomp­an en braai die varkworsie­frikkadell­e daarin tot gaar. Verhit die pitas tot opgepof en sny versigtig oop. Stop ’n paar lepels gesnipperd­e blaarslaai in die pitabrode. Skep koolslaai, bloukaas en ’n paar varkvleisf­rikkadelle op die blaarslaai in elke pita en bedien dit dadelik saam met ’n koue bier. Lewer 8 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa