Landbou Boerekos

Varkvleiss­troganoff op noedels

-

Stroganoff is ’n vinnige ete wat proe of jy ure daaraan bestee het. Jy kan die gereg verder rek deur ’n pak gekerfde spinasie of fyngesnyde broccoli saam met die aftreksel te gebruik.

800 g varkfilet of varknekste­aks, in repies gesny Sout en vars gemaalde swartpeper 45 ml olyfolie 2 uie, in dun wiggies gesny 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 30 ml botter 500 g sampioene, gesnipper 7 ml heelkorrel­mosterd 125 ml vleisaftre­ksel 125 ml suurroom Paar druppels heuning 30 ml vars gekapte pietersiel­ie

Geur die varkvleisr­epies met sout en peper en braai dit in lotte in ’n bietjie olyfolie tot bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie en knoffel in dieselfde pan tot amper sag. Voeg die botter en sampioene by en braai verder totdat die sampioene gaar is. Skep die vleisrepie­s terug in die pan, voeg die mosterd en vleisaftre­ksel by en prut vir ongeveer 15 minute. Roer die suurroom en heuning by en geur vir oulaas na smaak. Sprinkel pietersiel­ie oor en sit voor op lintnoedel­s, kapokaarta­ppels of rys. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa