Landbou Boerekos

Soetsuur vark met pynappel en gemmer

-

Die eier-en-mielieblom­lagie sorg vir ’n bros kors om elke blokkie varkvleis, wat die soetsuur sous opslurp. As jy wil, kan jy groente van jou keuse roerbraai en by hierdie gereg voeg om dit ekstra kleur te gee en dit te rek. Broccoli en soetrissie pas goed hierby.

500 g varknek of -filet Sout en vars gemaalde swartpeper 2 eiers 180 ml mielieblom Olie, vir braai Halwe, vars pynappel, skoongemaa­k en in stukkies gesny 4 grasuie, gesnipper 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en in dun skyfies gesny 2 groot knoffelhui­sies, geskil en in dun skyfies gesny 2 groen jalapeñori­ssies, in fyn skyfies gesny

Soetsuur sous 30 ml tamatiesou­s 15 ml heuning 30 ml sojasous 30 ml water 30 ml sjerrie 5 ml mielieblom

Sny die varkvleis in hapgrootte blokkies. Geur goed met sout en peper. Verhit 1 cm olie in ’n groot pan. Doop elke blokkie varkvleis in eier en rol dan in mielieblom. Braai die blokkies varkvleis in lotte in die warm olie tot goudbruin, bros en deurgaar. Skep uit en hou eenkant.

Sodra al die varkvleis gebraai is, vee die pan met kombuispap­ier uit en verhit weer ’n klein bietjie olie daarin. Braai die grasuie, gemmer, knoffel en rissies tot geurig. Voeg die pynappel by en braai vir ongeveer ’n minuut. Meng al die bestanddel­e vir die soetsuur sous saam. Skep die bros varkvleisb­lokkies terug in die pan saam met die pynappel en ander bestanddel­e en skep die soetsuurso­us oor. Roerbraai totdat elke happie vleis met die sous bedek is en die sous borrel en verdik. Geur na smaak met sout en peper en sit voor op rys of noedels. Rond af met ekstra brandrissi­e of skyfies gemmer, of met vars koljanderb­lare. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa