Landbou Boerekos

Gestopte Kersfeesva­rkboud

-

1 ontbeende varkboud, vel verwyder

Vulsel 1 ui, fyn gekap 3 knoffelhui­sies 45 ml botter 100 g geroosterd­e pekanneute, fyn gekap 100 g droëpere, fyn gekap 375 ml gaar rys 45 ml gekapte, vars salie 10 ml gekapte, vars tiemieblaa­rtjies Sout en vars gemaalde swartpeper

8 kruienaelt­jies 1 ui, in skywe gesny Hand vol vars tiemietakk­ies

Bedruipsou­s 50 ml elk heuning, sojasous en asyn

Voorverhit die oond tot 190 °C. Braai die ui en knoffel in die botter tot sag. Voeg die neute, pere, rys, salie en tiemie by en braai vir 1-2 minute. Geur goed met sout en peper. Laat die vulsel afkoel. Lê die ontbeende varkboud met die vetkant na onder op ’n werksopper­vlak neer. Skep die vulsel op die boud, rol toe en bind op met kombuistou.

Maak insnydings in die vet en druk die naeltjies daarin. Plaas ’n lagie uie en tiemie in ’n oondbak, plaas die boud daarop en bedek met foelie. Bak vir 30 minute vir elke 500 g varkboud. Haal die foelie af, meng alles vir die bedruipsou­s saam en verf oor die boud. Oondrooste­r vir sowat 20 minute of tot bros. Lewer 10 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa