Landbou Boerekos

Só maak jy bros swoerd ( crackling)

Hoewel dit opsioneel is om die vel af te haal en afsonderli­k bros te bak, kry jy beter eindresult­ate as jy dit op hierdie manier doen.

-

STAP 1: Gebruik ’n skerp mes. Hou die punt waar jy begin het in jou een hand vas en trek die vel effens na jou toe soos jy sny. Sorg dat daar ’n dunnerige lagie vet onder die vel agterbly. STAP 2: Sit die vel plat op ’n kapplank neer en maak vlak insnydings daarin met ’n baie skerp mes. STAP 3: Sit die vel waarin die insnydings gemaak is in ’n vergiettes oor ’n mengbak. Giet kookwater oor en laat staan vir 5 minute. Dreineer en druk die vel goed droog. STAP 4: Vryf die vel goed met ’n asynlap en vryf dit daarna met kombuispap­ier droog. STAP 5: Vryf die hele oppervlak van die vel goed in met sout en sit die vel op ’n draadrakki­e oor ’n oondbak of bakplaat (wat diep genoeg is vir die vet wat in die oond gaan afdrup). STAP 6: Voorverhit die oond tot 220–240 ° C en oondrooste­r die vel tot dit opgepof, lig, bros en goudbruin is. Sit voor saam met geroosterd­e varkvleis.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa