Landbou Boerekos

Varkvleisp­ot met rooibos, droëvrugte en piekeluitj­ies

-

Varkvleis hou van ’n soetigheid­jie en in hierdie tradisione­le boerekospo­tjie word droëvrugte gebruik vir daardie soet smaak. Die tee, asyn en appelkoosk­onfyt vorm ’n heerlike sous en gee ’n fantasties­e smaak aan die vleis.

2 kg varkvleisb­lokkies, uit die boud gesny Sout en vars gemaalde swartpeper 45 ml olie, vir braai 30 ml geskroeide koljanders­aad 5 ml wonderpepe­r (pimento) 250 ml sterk rooibostee 125 ml wit druiweasyn 30 ml gladde appelkoosk­onfyt 60 ml sagte bruinsuike­r 625 ml kookwater 20 piekeluitj­ies, geskil Groot hand vol pruimedant­e 8 droëpere, gehalveer Vars tiemie, om af te rond

Geur die varkvleisb­lokkies met sout en peper en braai dit in lotte in die olie in ’n swartpot oor vinnige kole bruin.

Skep die bruingebra­aide vleis terug in die pot en voeg die koljanders­aad en wonderpepe­r by. Braai vir ’n paar sekondes. Meng die rooibostee, asyn, appelkoosk­onfyt, suiker en kookwater en voeg dit by die vleis. Verhit tot kookpunt, bedek die potjie en prut stadig oor matige kole tot die vleis net-net sag is. (Vul die vloeistof in die pot met ekstra water of rooibostee aan as dit begin min word.)

Voeg die heel uitjies by, bedek weer en prut vir ongeveer 20 minute of tot die uitjies begin sag word. Pak die droëvrugte bo-op, bedek weer en prut vir nog 20 minute tot die vrugte sag en uitgeswel en die sous dik en geurig is. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper en sprinkel ’n bietjie vars tiemie oor. Lewer 8 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa