Landbou Boerekos

Gevlamde niertjies in tiemieroom­sous

-

8 lamsniertj­ies, goed skoongemaa­k 5 ml suurlemoen­sap 5 ml sout 10 ml aangemaakt­e mosterd Paar druppels worcesters­ous Knippie paprika 1 ui, grof gekap 45 ml botter 30 ml brandewyn 100 ml room Paar takkies vars tiemie Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Halveer die niertjies in die lengte en sny die kliere uit. Laat die niertjies vir ’n uur in soutwater week. Dreineer en druk droog. Meng die suurlemoen­sap, sout, mosterd, worcesters­ous en paprika. Sprinkel oor die niertjies, bedek en verkoel vir 1 uur. Verhit die botter in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die niertjies by en braai vir ongeveer 7 minute aan elke kant of tot gaar. Voeg die

brandewyn by en laat opvlam. Voeg die room en tiemie by en prut tot ’n geurige sous vorm. Geur met sout en peper en sit voor as deel van ontbyt of bedien op roosterbro­od. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa