Landbou Boerekos

Spaghetti met hoenderlew­ers en spekvleis

-

1 pak (500 g) spaghetti 500 g hoenderlew­ers, goed skoongemaa­k 45 ml botter 5 repe spekvleis, fyn gesnipper 1 ui, fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Halwe 410 g-blik tamatiepur­ee 125 ml hoenderaft­reksel 90 ml sjerrie 125 ml room Brosgebraa­ide broodkrumm­els met vars kruie, om af te rond (opsioneel)

Kook die pasta tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, sny die hoenderlew­ers in kleiner stukkies en hou eenkant. Verhit die botter en braai die spekvleis, ui en knoffel daarin tot gaar. Voeg die hoenderle- wers by en braai tot liggies verbruin. Geur met sout en peper. Voeg die tamatiepur­ee, aftreksel en sjerrie by en verhit tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 10 minute. Roer die room by, geur weer na smaak en skep die sous op die gaar, gedreineer­de pasta. Rond af met brosgebraa­ide broodkrumm­els waarby ’n bietjie gekapte, vars kruie geroer is, indien verkies. Sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa