Landbou Boerekos

Lewer in soetsuur uiesous

-

500 g lamslewer, goed skoongemaa­k en in blokkies gesny 30 ml olyfolie 2 uie, in ringe gesny 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 1 rooi brandrissi­e, ontpit en baie fyn gekap 250 g sampioene, fyn gesny 15 ml koekmeel 3 ml mosterdpoe­ier 500 ml warm vleisaftre­ksel 60 ml bruinasyn Bruinsuike­r, sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Braai die lewer in ’n klein bietjie van die olie in ’n groot pan en braai tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Verhit die res van die olie in dieselfde pan en braai die uie, knoffel en rissie saam daarin tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot sag. Sprinkel die koekmeel en mosterd oor en verhit, terwyl geroer word, tot die mengsel borrel. Voeg die vleisaftre­ksel en asyn by en verhit tot kookpunt. Proe vir geur en voeg genoeg suiker by om die smaak se soet-suurbalans perfek te kry. Geur ook met sout en peper. Skep die lewer terug in die sous en prut vir ’n paar minute tot die lewer gaar en die sous effens afgekook en verdik is. Sit voor op rys of kapokaarta­ppels. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa