Landbou Boerekos

Gevulde hoenderdye

-

Ek maak graag hoender op dié manier gaar. Deur vulsel onder die vel te stop, sorg jy dat die geure dwarsdeur die vleis trek en dat die vel bros bak. Jy kan kruiebotte­r, geurige smere, soos pesto, of enige soort kaas gebruik.

6-8 groot hoenderdye met vel en been 2 wiele fetakaas, fyn gekrummel 100 g ontpitte, groen olywe, fyn gekap 5 ml tiemieblaa­rtjies, baie fyn gekap Fyngeraspe­rde skil en sap van 1 suurlemoen Olyfolie Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Vars pietersiel­ie, om af te rond

Voorverhit die oond tot 190 °C. Maak die vel van die hoender liggies los sonder om dit heeltemal af te trek – dit moet ’n sakkie vorm. Meng die fetakaas, olywe, tiemie en suurlemoen­skil goed saam en skep ’n lepel daarvan tussen die vel en die vleis van elke hoenderdy. Versprei die vulsel egalig en trek die hoender se vel terug oor die vulsel. Pak in ’n oondbak. Druk die suurlemoen­sap oor die hoender uit en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Geur elke hoenderdy bo-op goed met sout en peper. Bedek en bak vir 30 minute. Verwyder die foelie of deksel, verlaag die oondtemper­atuur tot 170 °C en bak vir ’n verdere 20-30 minute tot die vel bros en die vleis sag en sappig is. Rond af met vars pietersiel­e. Sit voor met aartappels, rys of koeskoes en groente of slaai van jou keuse. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa