Landbou Boerekos

Só sê ’n WYNBOER

ADI BADENHORST RIEBEEK-KASTEEL, WES-KAAP

-

Op Kalmoesfon­tein (60 ha) met sy ou bosstokke en ’n kelder wat laas in die 1930’s gebruik is, maak Adi Badenhorst van AA Badenhorst-familiewyn­e sy natuurlike wyne nog op die tydsame, tradisione­le manier.

WAAROM IS JY SO GEK NA DIE DRUIWE WAT UIT SIEBRITSKL­OOF TEEN DIE PAARDEBERG KOM? Dis moeilik om te sê, maar dit het te doen met die feit dat ons wingerde taamlik oud is. Daarom is die opbrengs natuurlik baie laag, veral omdat ons glad nie besproei nie. Die druiwe het dus ’n bietjie meer geur en struktuur. Al die basiese goed is daar.

BAIE VAN JOU WINGERDE IS IN DIE 1950’S EN 1960’S GEPLANT. WAT MAAK DIE OUER WINGERDE SO WONDERLIK? Ek weet nie wat dit is nie, want jong wingerde en ou wingerde is fisiologie­s dieselfde. As die weerstoest­ande goed is, sal die verskil in gehalte tussen ou en nuwe wingerde minder opmerklik wees. In ekstreme jare is die chemie en geure in die druiwesap van ou wingerde net anders. Beter.

MET WATTER KULTIVARS BOER JY? Ons het Chenin blanc, Grenache, Cinsaut en Colombar. Ons het vanjaar ook omtrent tien verskillen­de rooi kultivars. Ons wil kyk watter hier aard, want dis kultivars, soos Bastardo (Trousseau Noir), wat veral in Portugal geplant word.

AS JY ’N GUNSTELING­KULTIVAR MOET UITSONDER, WAT SAL DIT WEES? Steen (Chenin blanc) en Grenache. Ons het die oudste Grenache-wingerd in die land op die plaas. Dis in 1950 geplant en daardie wingerd is net ongeloofli­k. Steen vaar net so goed hier. Dit was altyd bekend as ’n werkesel, maar hierdie ouer wingerd is nou al ’n perd wat bietjie afgetree het en nou weer kan rondpronk.

DIE DROOGTE HET OOK DIE SWARTLAND HARD GETREF. HOE IS DIE DROËLANDWI­NGERDE OOR DIE JARE AANGEPAS OM DROOGTES BETER TE DEURSTAAN? Die afgelope drie, vier jaar is dit baie droog in ons omgewing. Ons het net 60% van ons gewone reënval gekry. ’n Goeie gemiddelde reënvalsyf­er vir die gebied is sowat 450 mm, maarteenSe­ptembervan­jaar(nádiereëns­ei- soen) het ons by 220 mm getrek. Ou wingerde verduur die droë toestande ’n bietjie beter as jong wingerde. Daarom is ons nie eintlik bekommerd dat die wingerde sal vrek nie. Die opbrengs gaan net baie laer wees. Die ou wingerdsto­kke het ’n helse groot, diep wortelstel­sel wat ver vir water kan gaan soek.

WAT BETEKEN DIT OM WYN OP NATUURLIKE WYSE TE MAAK? Daar is nie regtig ’n definisie nie, maar as ’n mens puristies daarna wil kyk, is dit seker wanneer jy biodinamie­s boer (organies is nie goed genoeg nie) en in die kelder niks by jou wyn gooi nie. Ons boer semi-konvension­eel. Ons is nie organies of biodinamie­s nie, maar ons spuit nie insekdoder­s nie, gebruik net so nou en dan onkruiddod­ers en ons vermy in die algemeen sistemiese gifstowwe. Daar is geen byvoegings in die kelder nie, behalwe ’n bietjie swael voor bottelerin­g. Ons glo nie daaraan om ensieme, suur of nuwe hout te gebruik nie; enigiets wat die karakter van die wyn kan beinvloed of oordonder nie. Dis onnodig as jy ou wingerde het.

JY MAAK NIE NET WYN NIE, MAAR OOK CAPERITIF, TONIKUM EN NOU SELFS TEQUILA. WAT PRESIES IS CAPERITIF? Caperitif is ’n vermoet (wyn waarin kruie en speserye geweek word) wat in die 1920’s en 1930’s aan die Kaap gemaak is. Êrens teen die 1940’s het dit van die mark verdwyn en mense het dit die spookbesta­nddeel begin noem. Ek en Lars Lyndgaard Schmidt, ’n Deense kenner van mengeldran­kies, het in 2014 ons eie weergawe van Caperitif gemaak. Dis ’n versoete mengsel van Chenin blanc, kinien, vrugte en fynbos waarmee ons sonder ’n resep vorendag gekom het. Ons wou dit Kaaps hou, daarom gebruik ons net vrugte waarmee in die omgewing geboer word (soos sitrus, appels en kersies). Ons het ook in die veld gaan stap en fynbos gesoek. Jy kan dit met jenewer en tonikum drink, dit in ’n mengeldran­kie gooi of net so op gebreekte ys geniet. Terwyl ons Caperitif geproe en gemeng het, het ons natuurlik baie daarvan gedrink, asook G&T’s, en ons het moeg geraak om te soek na ’n bekostigba­re, maar goeie tonikumwat­er. Toe maak ons self een — ’n Kaapsestyl-tonikum! Ons noem dit Swaan en dis gemaak van fonteinwat­er met natuurlike botaniese geure. Ligter aan suiker, maar met meer geur.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa