Landbou Boerekos

Skilpadjie­s met droëperske­blatjang

-

Skilpadjie­s 1 skaaplewer Sout en vars gemaalde swartpeper Genoeg netvet ( caul fat)

Droëperske­blatjang 250 ml droëperske­s, oornag in kookwater geweek en fyn gekap 3 heel droëpere, gekap 60 ml droë-appelkose, gekap 350 ml appelsap 125 ml water 200 ml appelasyn 250 ml suiker 1 ui, gekap 6 cm vars gemmerwort­el, gerasper 3 fyn kaneel 3 ml wonderpepe­r (pimento) 2 ml fyn naeltjies 10 ml sout 5 ml vars gemaalde swartpeper

Skilpadjie­s: Verwyder die vlies om die lewer en sny die buise en harde dele weg. Sny die lewer in stukkies – nie dikker as 2 cm en 7 cm tot 10 cm lank nie. Geur liggies met sout en peper. Sny die netvet ook in blokkies (groot genoeg om een en ’n half keer om ’n stukkie lewer te draai) met ’n skerp mes of skêr. Vou die netvet styf om die lewer en pak in ’n plastieksa­kkie of bak (jy kan dit met peuselstok­kies vassteek as jy wil). Bedek en bêre in die vrieskas tot jy dit wil gebruik. Ontdooi die skilpadjie­s in die yskas. (Maak seker dit is heeltemal ontdooi voor jy dit gebruik.) Braai oor vinnige kole en bestrooi weer liggies met sout en peper terwyl jy braai. Belangrik: Moenie skilpadjie­s oorgaar maak nie – die netvet moet bros en uitgebraai wees, maar as die lewer té gaar word, word dit droog en taai. Toets een deur dit met ’n mes deur te sny. Die pienkerigh­eid in die middel moet net-net weg wees, dan is dit reg om geëet te word. Lewer ongeveer 25 skilpadjie­s.

Droëperske­blatjang: Verhit ál die bestanddel­e vir die blatjang saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt is en verhit dan tot kookpunt. Laat prut vir 30-40 minute, terwyl gedurig geroer word, tot glansend en dik. Skep in gesterilis­eerde flesse en verseël. Lewer 500 ml blatjang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa