Landbou Boerekos

Só sê ’n DROËVRUGTE­BOER

HANDRI CONRADIE PRINCE ALFRED HAMLET, WES-KAAP

-

Die Conradie-familie boer al sewe geslagte lank op Koelfontei­n, ’n vrugteen-wynplaas in die Warm-Bokkeveld. Frans Conradie was alombekend as droëvrugte-koning en nou neem sy seun, Handri, die produksie van droëvrugte tot nuwe hoogtes met At Source, wat puik droëvrugte­produkte maak en versprei.

JULLE BOER TRADISIONE­EL MET DROËVRUGTE, MAAR JY HET ’N GAPING GESIEN OM IETS MEER DAARVAN TE MAAK. WAT WAS DIE INSPIRASIE? Droëvrugte was een van die aspekte in ons boerdery waarop my pa altyd gekonsentr­eer het. Hy het ’n reputasie gehad dat hy vrugte van uitsonderl­ike gehalte lewer. Ek het op skool al gevoel dis iets wat ons laat uitstaan bo die res en wat ons verder behoort te ontgin, hoewel dit nog in die tyd van eenkanaalb­emarking was. In die laat 1990’s is landboubem­arking gederegule­er. Toe ek in 2002 plaas toe gekom het, het ek besluit om die supermarkt­e regstreeks te nader en aan hulle te verskaf. Dit het nie net aan ons die voordeel gegee om groter beheer oor die waardekett­ing te verkry nie, maar dit het ons ook nader aan ons klante gebring en gehelp om hul behoeftes beter te verstaan.

HOEVEEL VERSKILLEN­DE PRODUKTE HET JY NOU? Ons het seker sowat 250 produklyne wat ons aan kleinhande­laars, soos Woolworths, asook Waitrose, David Jones en Marks & Spencer in die buiteland, verskaf.

WAAR KOM AL JUL VRUGTE VANDAAN? Koelfontei­n is steeds ons ankerversk­affer, maar ons koop ook sagtevrugt­e uit die res van die Wes-Kaap aan. Mango’s kom uit die Laeveld, pynappels uit die Oos-Kaap en rosyntjies uit die Noord-Kaap. Ons voer ook produkte in — appelkose en vye uit Turkye, pruimedant­e uit SuidAmerik­a en dadels uit Iran. Ons kyk altyd na nuwe neigings en verbruiker­sbehoeftes en gaan soek dan die vrugte en ontwikkel die produkte wat hulle graag wil hê.

HOE MAAK JULLE SEKER DIE VRUGTE WAT JULLE AANKOOP, VOLDOEN AAN JUL STRENG GEHALTEVER­EISTES? Ons soek tot ons ’n verskaffer opspoor met wie ons ’n langtermyn­verbinteni­s kan aanknoop. Dit moet iemand wees wat ons maatskappy se behoeftes verstaan.

HOEKOM IS DIE WARM-BOKKEVELD SO BEKEND VIR DIE LEKKER VRUGTE WAT DAAR VERBOU WORD? Onsklimaat iseffenswa­rmerasin die Koue-Bokkeveld, wat beteken ons vrugte se suikervlak is hoër en smaakontwi­kkeling beter. Dis egter koeler as in ander dele, soos die Breërivier­vallei en die Klein-Karoo. Daarom kan ons gewasse hier verbou wat ander gebiede met minder winterkoue nie kan nie. Ons kan die hele spektrum — van appelkose tot perskes, nektariens en pere — verbou.

JULLE GEBRUIK ’N KOMBINASIE VAN TRADISIONE­LE METODES EN MODERNE KENNIS OM HEERLIKE, SAGTE DROËVRUGTE TE MAAK. HOE WERK DIE PROSES? Ons koop die gedroogde produkte aan en rehidreer dit dan tot op ’n sekere punt. Ons maak ook staat op verpakking­s- en pakmateria­altegnolog­ie en ’n gesofistik­eerde logistieke kettingom dieproduk te verspreiom­dat die raklewe korter is. Dis ’n produk wat ’n hoër risiko inhou, maar met die regte tegnologie kan dit gedoen word.

IS JOU HELE GESIN LIEF VIR DROËVRUGTE? O ja, ons pak dit graag in as padkos, soos wat ’n mens met biltong sou maak. My vrou, Noelani, is baie lief vir droëmango’s, maar ek verkies weer gedroogde appelkose.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa