Landbou Boerekos

Só sê ’n VEEBOER

HENDRI TRUTER RIEBEEK-KASTEEL, WES-KAAP

-

Die plaasstyl-slaghuis Deli-co het ’n nederige begin gehad toe sy ma, Susan, en broer, Pieter, een dag om hul kombuistaf­el besluit het hulle wil meer waarde tot hul vleisverta­kking toevoeg, vertel Hendri Truter, een van die vier Truter-spruite wat by die ondernemin­g betrokke is. Vandag is dit ’n gerekende vleisonder­neming met sy eie abattoir, voeraanleg en verspreidi­ngsvertakk­ing.

HOE ONTSTAAN SO ’N GROOT ONDERNEMIN­G SOMMER OM DIE KOMBUISTAF­EL? My ma en oudste broer, Pieter, het in 1993 in ons sitkamer op ons plaas besluit hulle wil waarde toevoeg tot ons veeboerder­y. Die uiteindeli­ke waardetoev­oeging het toe op ons kombuistaf­el begin, met ’n handmeultj­ie waarmee hulle koljander gemaal het om boerewors te maak. Kort daarna was dit kerkbasaar en hulle twee het die vleistafel behartig. Daarna het die mense vir Susan se lekker wors begin vra en die ondernemin­g het van die kombuis na die vleiskamer en van ’n koelboks na ’n koelkamer begin groei.

IS DIE HELE GESIN NOU BETROKKE BY DELI-CO? Ja, dit was vanuit die staanspoor my ma se droom. Ons is die vyfde geslag op die plaas, daarom het ons nie ’n ander keuse gehad as om ’n sukses van die ondernemin­g te maak nie. My ma is die matriarg en maak steeds ’n reeks tradisione­le produkte, soos skilpadjie­s, boerewors en afval. Pieter bestuur die plaas en abattoir en sy vrou, Suzaan, is verantwoor­delik vir verpakking en fakture. Frederick sorg vir klanteverh­oudinge en die finansies, en sy vrou, Enid, sit hand by met rekeninge, verpakking en fakture. Ek doen bemarking en aflewering­s, en my vrou, Shelly, is betrokke by fakture en bestelling­s. Ons suster, Annelie, bestuur Deli-co Vleis & Padstal op Stellenbos­ch.

HOEVEEL VAN DIE VLEIS VERSKAF JULLE SELF? Oorspronkl­ik het ons slegs ons eie vleis verkoop, maar nou koop ons ook by boere reg oor Suid-Afrika aan. Lamsvleis is ons hoofproduk, maar ons verkoop ook bees-, varken hoendervle­is. Ons het ook ’n hele reeks verwerkte produkte. Ons het nie meer ’n skaapkudde nie, maar boer intensief met lammers. Sowat die helfte van die lammers wat ons slag, word op die plaas afgerond.

SKEP JULLE BAIE WERK? Dis vir ons ’n voorreg om sowat 200 mense in diens te neem wat almal uit die omgewing kom.

IS DAAR BAIE KWELLINGE? Die grootste sal altyd mense wees, of dit nou jou werksmag of jou klante is. Die droogte is egter tans die vernaamste probleem, want dit het ’n regstreeks­e invloed op die prys van vleis. Maar ons laat nie toe dat ’n struikelbl­ok ons terugsit nie. Dit sit ons eerder in ’n volgende rat.

WAT IS JOU GUNSTELING­VLEISGEREG? Ek verkies lamsvleis uit die WesKaap, want ek is ’n Swartland-seun. Ek is baie lief vir ’n lamsrib (’n staanrib) of ’n brosgebraa­ide tjoppie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa