Groen­boon­slaai met gem­mer­vi­nai­gret­te

Landbou Boerekos - - Erfenisbraai -

By ’n braai waar daar ’n paar soor­te vleis voor­ge­sit word, het jy ’n slaai of by­ge­reg met vars sma­ke no­dig. Dié een­vou­di­ge slaai pas by e­ni­ge soort vleis of vis. Die gre­na­del­la-en-gem­mer-slaai­sous en die groen­bo­ne pas per­fek by me­kaar.

3 han­de vol jong groen­bo­ne, pun­te af­ge­sny Sap van 2 groot suur­le­moe­ne 3 cm vars gem­mer, fyn ge­ras­per 100 ml o­lyf­o­lie Pulp van 2 ryp gre­na­del­las S­keut ap­pela­syn Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak 300 g slaai­bla­re en kruie (ons het bot­ter­slaai, ro­ket en bron­kors ge­bruik)

Ver­hit ’n groot pot met lig­te sout­wa­ter tot dit vin­nig kook. Sit die bo­ne daar­in en kook vir 2-3 mi­nu­te tot net-net gaar, maar nog bros. Ter­wyl die bo­ne kook, k­lits die suur­le­moen­sap, gem­mer, o­lie, gre­na­del­la­pulp en a­syn saam. Geur na smaak met sout en pe­per en giet dit in ’n slaai­bak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.