Landbou Boerekos

Só sê ’n BEETBOER

ROSSOUW CILLIÉ CERES, WES-KAAP

-

Rossouw Cillié se voorsate was van die eerstes om vrugtebome in die Ceres-gebied te plant. Rossouw staan deesdae aan die hoof van ’n moderne groente-en-vrugte-ondernemin­g wat oor ses plase en ’n verskeiden­heid klimaatstr­eke strek. Dit stel hom in staat om heeljaar lank gewasse, soos beet, te verbou.

HOE KRY JY DIT REG OM REGDEUR DIE JAAR BEET TE VERSKAF? Ons plant beet in verskillen­de dele waar die klimaat van mekaar verskil. Ons probeer plekke soek waar beet op verskillen­de tye van die jaar die beste groei. In die Sandveld alleen is daar verskillen­de mikroklima­te en temperatuu­rverskille tussen plase. Dit is ook heelwat anders as by Ceres. Ons het deur die jare ’n daggrade-model ontwikkel en ons doen ons aanplantin­gs daarvolgen­s, sowel as met inligting wat ons by ons weerstasie­s kry.

JULLE IS OOK IN DIE WAARDEKETT­ING BETROKKE. WAT DOEN JULLE ALLES? Ons het ’n verpakking­saanleg waar ons beet vir supermarkt­e, soos Woolworths en Freshmark (Shoprite en Checkers), verpak. Ons sny ook beet op verskillen­de maniere op en kweek bababete. Ons is tans besig om weer na ons hele waardetoev­oegingslyn te kyk, en daar is die moontlikhe­id om droë beet- en ander groentesky­fies te begin maak. Daar is al baie navorsing gedoen oor beet se gesond- heidswaard­e en dis eintlik een van die gesondste groentesoo­rte wat daar is.

WATTER KULTIVARS PLANT JY? Ons plant veral Boro en Globe Dark Red. Die kultivarke­use hang af van watter tyd van die jaar en waar ons plant.

HET DIE DROOGTE JUL PRODUKSIE ’N KNOU GEGEE? In die grootste dele van die Ceres-omgewing — van die Koue-Bokkeveld tot die Bo-Swaarmoed-gebied en die Witzenberg­vallei — is die droogte kritiek. In sommige dele is dit beter, maar dit hang van jou ligging af en van die waterbron waarop jy aangewese is. Ons kan darem in ál ons programme voorsien omdat ons ons produksie tussen ons plase en die verskillen­de gebiede kan rondskuif. Op sommige plekke begin ons vroeër en in ander dele hou ons weer later aan.

HOE BELANGRIK IS VOLHOUBARE BOERDERYPR­AKTYKE IN JOU ONDERNEMIN­G? Ons bepaal watter gewasse minder water gebruik in sekere gebiede en sekere tye van die jaar, en probeer om dit dan in daardie venstertyd­perk te verbou. Ons doen ook gereeld grondtoets­e en volg verskillen­de programme, soos Nulandis se NuWay-filosofie, om seker te maak ons boer meer volhoubaar. Dié programme vereis dat ons minder gif- en kunsmis gebruik en grondgeson­dheid bevorder. Deur ons verskaffin­g aan Woolworths voldoen ons ook aan dié ondernemin­g se Farming for the Future-program, wat ook na verskillen­de aspekte van volhoubaar­heid kyk. Ons het onlangs Elnora Swart, ’n tegniese persoon, aangestel om volhoubaar­heid in ons boerdery te dryf.

WAT IS ’N BEETBOER SE GROOTSTE STRUIKELBL­OKKE? Wind, veral wanneer die saadjies opkom. Ons plant dekgewasse, wat ons later doodspuit, om die jong plantjies teen die wind te beskerm. Ons gebruik ook besproeiin­g om te keer dat die grond nie waai en stof maak nie. Onkruid is ook ’n probleem, want daar is nie die beste middels geregistre­er om onkruid by beet te bekamp nie. Erge hitte kan ook ’n faktor wees, want dit kan die plantjies doodbrand in die grond.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa