Landbou Boerekos

Só sê ’n WITLOFBOER

FANIE VAN DER MERWE KOUE-BOKKEVELD, WES-KAAP

-

Fanie van der Merwe van Bronaar Plase, ’n vrugte-en-groenteboe­r van die KoueBokkev­eld, het sy produkaanb­od uitgebrei met witlof, ’n ongewone, maar baie gesonde, blaargroen­te wat veral in Nederland en België gewild is. Dit het byna twee dekades gekos om die produksiep­raktyke onder die knie te kry, maar nou kan Fanie winkels op ’n gereelde grondslag van dié veelsydige, roomwit groente voorsien.

HOEKOM IS DIT SO ’N DUUR OM MET WITLOF TE BOER? Die produksiek­oste is meer as by enige ander blaargroen­te omdat daar twee groeistadi­ums is. Die witlofsaad (net soos artisjok- en aspersiesa­ad) moet van Nederland af ingevoer word. Die opbrengs is nie baie hoog in Suid-Afrikaanse gronde nie. Soms bring minder as ’n derde van die saad wortels voort. Ons voer daarom nou eerder die wortels self van Nederland af in. Dit word in verkoelde vraghouers hierheen verskeep. Die wortels word dan vir die tweede groeistadi­um gebruik, om die witlofkopp­e te lewer.

HOE WERK HIERDIE TWEEDE GROEISTADI­UM? Dit vind geheel en al in die donker plaas in ’n spesiale gerief wat ons teen R7 mil- joen in Ceres opgerig het. Ons vries die witlofwort­els tot ons dit nodig het en kweek dit dan hidroponie­s in ’n voedingsto­fryke wateroplos­sing. Die blare se roomwit kleur is te danke aan die afwesighei­d van sonlig, want chlorofil (wat groen is en tydens fotosintes­e voorkom), kan nie gevorm word nie. Die koppe wat uit die wortels groei (in Engels praat ons van ’n chicon) is heeltemal skoon omdat dit nie in die grond groei nie.

HOE LANK DUUR DIE PROSES? Dit neem drie weke vandat ons die wortels in die voedingsvl­oeistof geplaas het totdat die witlofkopp­e geoes kan word. Dit beteken ons kan baie akkuraat beplan wanneer ons supermarkt­e, soos Woolworths, Food Lover’s Market en Checkers, van witlof kan voorsien. Ons is ook tans die enigste witlofboer­e wat die gewas heeljaar lank kan verskaf.

HOEVEEL WATER HET JULLE NODIG VIR DIE HIDROPONIE­SE VERBOUING? Dit is die ergste droogte in ’n eeu, en boere ondervind tans groot probleme om groente en vrugte te verbou. Die water waarin ons die witlof verbou, word gesirkulee­r. Daarom is ons waterverbr­uik minder as dié van ’n paar gemiddelde huishoudin­gs. Witlof is taamlik bestand teen die klimaat se streke omdat dit binnenshui­s gekweek word.

HOE VERGELYK DIE OPBRENGS MET WAT BOERE OORSEE OES? Elke witlofwort­el lewer net een kop in sy leeftyd. In Europa oes boere sowat 80 kg per m2, maar ons opbrengs is nader aan 50 kg per m2. Ons beoog om dit te verhoog, veral om die wortels se invoerkost­e te regverdig, maar ook sodat ons groter volumes kan voorsien.

WAT MAAK WITLOF SO GESOND? Dis laag in koolhidrat­e en hoog in vesel en vitamiene B9, sowel as ander vitamiene, minerale en anti-oksidante. Dis ook ryk aan inulien, ’n natuurlike bestanddee­l met medisinale gebruike en wat ook as ’n plaasverva­nger vir suiker gebruik kan word in die fyngebakbe­dryf. Dit smaak rou en gaar ewe lekker.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa