Landbou Boerekos

Só sê ’n SAGNACMAKE­R

GARY BAUMGARTEN FRANSCHHOE­K, WES-KAAP

-

Armagnac is die oudste vorm van eau de vie (’n helder, kleurlose vrugtebran­dewyn) en dit word in houtvate verouder. Dis geen verrassing dat dié drankie (met skop) uit Armagnac in Frankryk kom nie. Gary Baumgarten vertel van L’Ormarins se spesiale projek om ’n Suid-Afrikaanse Armagnac te maak wat hy Sagnac noem.

WAAROM WOU JULLE IETS SOORTGELYK­S AAN ARMAGNAC STOOK? Dr. Johann Rupert het in 2006 ’n ketel uit Frankryk ingevoer, want dit was sy droom om ’n Armagnac te maak. Dis die enigste Armagnac-ketel in die Suidelike Halfrond. Ons het vir Buks Venter, saam met wie ek by KWV gewerk het, ingeroep om die stokery te behartig. Toe ek vir Buks bel en vra of hy besef watter wonderlike ketel op L’Ormarins staan, was hy binne ’n halfuur by my.

HOE HET JULLE MET DIE NAAM VORENDAG GEKOM? Die mooi ding is dat dr. Anton Rupert die naam Sagnac (wat op Suid-Afrikaanse Argmagnac dui) al in 1956 geregistre­er het. Die meeste uitvoerlan­de aanvaar die naam. Selfs die Franse het nie teëgestrib­bel nie!

HOE WERK DIE STOOKPROSE­S? Sagnac word in ’n tradisione­le alambiese ketel gestook wat spesifiek vir Armagnac-produksie gebruik word. Die spiritus (met omtrent 60% alkohol) word dan vir agt jaar in klein Franse eikehoutva­te verouder, waartydens die brandewyn kleur en aromas uit die geroosterd­e vate onttrek. Elke jaar verdamp daar ’n klein bietjie (wat bekend staan as die engelepors­ie). Die vate word dan met suiwer water aangevul om die alkohol tot 40% te verdun. Die eindproduk is sag en heerlik.

DIT IS GESOG EN JULLE MAAK MIN DAARVAN. Dis so eksklusief, want daar is van 2007 tot 2011 net twee vaatjies per jaar gemaak — dis net 500 liter! Tans hou ons alles in SuidAfrika en verkoop dit net deur die kelder. Ons gaan in die toekoms meer maak, want daar is ’n mark daarvoor.

WATTER DRUIFKULTI­VARS GEBRUIK JULLE VIR SAGNAC? Die eerste Sagnac is slegs van Colombar gemaak, wat ons van De Wetshof op Robertson gekry het. Nou gaan ons ook ’n bietjie Ugni blanc-druiwe gebruik. Dis albei tradisione­le Armagnac-kultivars.

WATTER ANDER SOORTE VRUGTE GEBRUIK JULLE OM VRUGTEBRAN­DEWYN TE MAAK? Lietsjies, pere en appels. Die eerste eau de vie is in 2013 uit lietsjies gestook en in 2015 bekend gestel. Ons gebruik lietsjies uit die Malelane-omgewing. Jy moet die brandewyn proe, dis suiwer lietsjie in die alkohol. Jy kry dit net met ’n Armagnac-ketel.

WANNEER IS ’N GOEIE TYD OM SAGNAC TE BEDIEN? Jy kan dit ná ete voorsit. Vir my is dit op sy lekkerste met ’n blokkie ys daarin, laat op ’n Vrydagmidd­ag wanneer jy nou al moeg is vir rekenaarwe­rk. Dit sit jou sommer in die regte naweekluim.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa