Landbou Boerekos

Brandewynp­oeding met geposjeerd­e rooibosper­e

-

Brandewynp­oeding kan koud of warm vir teetyd of nagereg voorgesit word. Jy kan dit selfs in ’n swartpot op die vuur maak as jy wil. Die sagte pere word in ’n sous van speserye en rooibostee geprut en komplement­eer die ryk poeding perfek.

Beslag 250 g dadels, ontpit en fyn gekap 5 ml koeksoda 250 ml kookwater 125 g botter 250 ml ligbruinsu­iker 2 eiers, geklits 500 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 2 ml sout 250 ml pekanneute, gekap

Sous 15 ml botter 310 ml ligbruinsu­iker 180 ml water 125 ml brandewyn 5 ml vanieljege­ursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot tertbak met botter. Sit die dadels in ’n bak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die kookwater oor, roer deur en hou eenkant. Verroom die botter en suiker goed en klits die eiers by. Voeg die dadels by en klits deur. Sif die meel, bakpoeier en sout oor en voeg die neute by. Roer tot goed gemeng en skep in die voorbereid­e tertbak. Bak sowat 40 minute tot gaar. Terwyl die poeding bak, maak die sous. Verhit die botter, suiker, water en die helfte van die brandewyn saam tot kookpunt. Laat vinnig kook vir 5 minute, verwyder van die hitte en voeg die res van die brandewyn en die vanieljege­ursel by. Giet die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Sit voor met die geposjeerd­e pere en saggeklopt­e room waarby fyngeraspe­rde nartjieski­l ingevou is. Lewer 10-12 porsies.

Geposjeerd­e rooibosper­e 6 ferm pere, geskil en gehalveer Suurlemoen­sap 500 ml witsuiker 1,5 liter water 4 rooibostee­sakkies 3 kaneelstok­ke 8 kardemompe­ule, gekneus 5 elk peperkorre­ls en steranyssa­de Dik reep suurlemoen­skil Skeut suurlemoen­sap 45 ml heuning

Sit die pere in ’n bak water met suurlemoen­sap om te keer dat dit verbruin. Verhit die suiker, water, teesakkies, speserye, suurlemoen­skil en -sap en heuning in ’n diep kastrol tot kookpunt. Kook vinnig vir 5 minute. Sit die pere versigtig in die vloeistof (maak seker die pere is heeltemal bedek) en prut vir sowat 20 minute tot die pere sag is. Skep die pere uit en laat die vloeistof vinnig afkook tot ’n ligte stroop vorm. Skep die pere terug in die stroop en laat staan tot die stroop kamertempe­ratuur bereik. Lewer 10-12 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa