Landbou Boerekos

Só sê ’n PEERBOER

STÉFAN DU PLESSIS PRINCE ALFRED HAMLET, WES-KAAP

-

’n Paar jaar gelede het ’n enkele tak aan ’n peerboom vir groot opwinding op Stéfan du Plessis (op die foto links saam met sy vrou, Carli) se plaas Elandsrivi­er gesorg. Dié mutasie het tot ’n splinternu­we kultivar met ’n spoggerige, rooi skilkleur gelei. Dié nuweling word Flare genoem.

HOEKOM IS ’N NUWE PEERKULTIV­AR GROOT NUUS? Ons boer steeds met dieselfde kultivars as waarmee my oupa en pa geboer het. Nuwe kultivars sien nie so gereeld die lig in die peerbedryf nie en ons sal kan doen met nuwe kultivars wat groter oeste en beter uitpakpers­entasies oplewer.

HOE HET JULLE FLARE ONTDEK? Winston Skog, ons destydse plaasbestu­urder, het sowat tien jaar gelede ’n enkele tak aan ’n Forelle-peerboom opgemerk waarvan die pere aansienlik rooier was as dié aan die res van die boom. My pa, Henri, het lootjies van die tak afgeknip en dit op ouer bome geënt om die kultivar se eienskappe te toets. Dit gebeur baie selde dat peerbome mutasies oplewer, maar dis ’n gereelde verskynsel by appels en steenvrugt­e.

WAT MAAK FLARE SO BESONDERS? Dis ’n baie mooi rooiskilpe­er met ’n lekker smaak. Die mutasie is ook stabiel, waaroor ons baie bly is. Dit vat lank om ’n nuwe kultivar te vestig, maar daar is al ’n paar boere wat dit plant. Ons het nog nie genoeg volumes om dit na die markte toe te neem nie, maar weet die aantreklik­e voorkoms gaan aandag trek in plekke soos Europa en die Ooste. Daar staan sowat 3 000 ha Forelle-bome in Suid-Afrika, en aangesien ons dink Flare is beter as Forelle, meen ons daar is groot potensiaal.

HOE BEMARK JULLE DIE PEER-OES? Sowat 40% van ons oes is droogpere (Williams Bon Chretien) en ongeveer 50% word as vars pere uitgevoer (Flare en Forelle). Die uitvoermar­kte is hoofsaakli­k Europa (Spanje, Italië, Nederland en Duitsland). Ons bemark dit onder die Delectavaa­ndel, waarby ek ook ’n belang het.

DROOG JULLE SELF? Ja, dis ’n baie arbeidsint­ensiewe proses. In spitsprodu­ksietyd gebruik ons 100 tot 120 kontrakwer­kers om die pere oop te sny en op sowat 17 000 droogstell­asies te pak. Dit word met swael behandel en dan in die son gedroog. Ons oorweeg om in droogtonne­ls te belê wat die proses kan aanhelp. Ons lewer die droëpere aan maatskappy­e wat dit verpak en versprei.

HOEKOM IS PERE ’N GOEIE GEWAS OM MEE TE BOER? Die mikroklima­at is ideaal en die winterkoue en droë somers is ook geskik vir peerboerde­ry. My oupa en pa was peerboere en dit maak steeds ekonomies sin. Pere is ons brood en botter. Die peerbedryf is boonop nie so groot soos die appelbedry­f in Suid-Afrika nie, daarom kan ons nog ’n verskil maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa