Landbou Boerekos

Tradisione­le Hertzoggie­s

-

Kors 450 ml koekmeel 37 ml strooisuik­er 10 ml bakpoeier 1 ml sout 125 g botter 3 ekstragroo­t eiergele 15 ml koue water

Vulsel 60-75 ml fyn appelkoosk­onfyt

Bolaag 3 ekstragroo­t eierwitte 300 ml witsuiker 400 ml klapper

Smeer die holtes van kolwyntjie­panne met botter of spuit met kleefweren­de kossproei. Pols die droë bestanddel­e vinnig in ’n voedselver­werker en voeg die botter by. Pols tot krummelrig. (Jy kan ook die botter met jou vingerpunt­e by die droë bestanddel­e invryf tot dit soos fyn broodkrumm­els lyk.) Klits die eiergele en water saam en voeg by. Pols tot klam krummels vorm wat begin bind. (Voeg ’n paar druppels yswater by as dit te droog lyk.) Druk die deeg bymekaar, bedek met kleefplast­iek en laat vir minstens ’n uur in die yskas rus. Voorverhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en druk groot genoeg sirkels uit om die holtes van die pannetjies vol te maak. Voer die holtes met die deegsirkel­s uit. Skep ’n klein lepeltjie konfyt in die deegdoppie­s en sit die pan in die yskas terwyl jy die bolaag maak. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die suiker lepel vir lepel by, terwyl geklits word. Vou die klapper in en skep lepels vol van die mengsel op die konfyt. Maak seker die bolaag bedek die konfyt goed, anders sal dit uitkook. Bak vir ongeveer 15 minute tot die bolaag goudbruin is. Laat op ’n draadrak afkoel en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 12 Hertzoggie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa