Landbou Boerekos

Kombuispol­itiek

-

Die storie oor hoe die Hertzogkoe­kies (oftewel Hertzoggie­s) hul naam gekry het, word nêrens beter verduideli­k as in Dine van Zyl se treffer, Die Groot Boerekosbo­ek (Dine van Zyl Publikasie­s, 2012), nie.

Dine skryf: “Moet nou nie dat daar gesê word die Afrikaner het nie ’n passie vir politiek nie. Die Afrikaner in die vorige eeu was so erg oor sy politiek soos hy vandag oor sy rugby is.

“Daar was ’n woeste politieke stryd tussen die Natte en die Sappe. Die Sappe was ondersteun­ers van die Suid-Afrikaanse Party. Hulle was liberaal en was Jan Smuts se mense. Die Natte was die vuurvreter- Nasionale Party- ondersteun­ers. Hulle het J.B.M. Hertzog (Eerste Minister van die destydse Unie van Suid-Afrika) ondersteun en later vir D.F. Malan.

“Die Sappe het tertjies in ’n kolwyntjie­pan gebak en dit Smutsies genoem. Dit het ’n appelkoosk­onfytvulse­l en ’n lagie koekdeeg bo-op. Die Natte het triomfantl­ik met Hertzoggie­s te voorskyn gekom. Dit is dieselfde tertjies met dieselfde appelkoosk­onfyt, maar bo-op was ’n doppie van eierwit en klapper. Blykbaar was general Hertzog self baie lief daarvoor.

“Jy het net Hertzoggie­s gebak as jy hulle ondersteun het en jy sou jou mond nie aan ’n Smutsie sit nie. Hierdie tertjies het binne ’n kort tydperk deel van die Afrikaanse kostradisi­e geword, al weet baie mense vandag nie eens wie Smuts of Hertzog was nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa