Landbou Boerekos

Melktert

Skilferkor­smelktert

-

Elke familie het een – ’n melktertre­sep wat hulle dink die lekkerste is. Toe ek 13 jaar gelede as kosredakte­ur by Landbouwee­kblad begin werk het, was hierdie melktert (’n kombinasie van my ma en my ouma se resepte) een van die eerste terte wat ek vir ’n kosartikel gemaak het. Ná soveel jaar is dit steeds my staatmaker­resep en kyk ek nie eens na ’n ander resep as ek melktert wil bak nie. Dit is die tert wat die Landbouwee­kblad- redaksie kry om op Nasionale Melktertda­g te eet en die tert wat ek vir my kinders bak as ek hulle wil bederf.

Skilferkor­sdeeg 4 x 250 ml koekmeel 2 ml sout 125 g koue botter 2 eiers, geskei 250 ml yswater 15 ml suurlemoen­sap 500 g yskoue botter, ekstra

Melktertpa­p 1 liter vars volroommel­k 2 stukke pypkaneel 125 ml suiker 90 ml koekmeel 30 ml mielieblom 1 ml sout 50 ml botter 6 eiers, geskei Fyn kaneel, om oor te sprinkel

Vir die skilferkor­sdeeg: Sif die meel ’n hele paar keer goed saam tot jy kan sien dit is ligter en dat daar lug ingesluit is. Voeg die sout by en sny die botter in klein blokkies. Vryf die 125 g botter met jou vingerpunt­e by die meel in. Lig jou hande bo die bak as jy dit doen – dit sal selfs meer lug insluit. Klits die twee eiergele, 125 ml van die yswater en die suurlemoen­sap saam. Voeg dit by die meelen-bottermeng­sel en sny dit met ’n slaplemmes in tot krummelrig. Druk die klam krummels bymekaar tot ’n deeg vorm en draai dit in kleefplast­iek toe. Verkoel vir minstens ’n uur. Rasper intussen die 500 g botter grof en sit dit in die vrieskas. Besprinkel die werksopper­vlak met meel en rol die deeg liggies daarop uit (moet dit nie rek nie) tot ongeveer 1 cm dik. Strooi ’n kwart van die botter oor die deeg. Vou die hoeke oormekaar om die botter te bedek. Verkoel tot yskoud. Rol

die koue deeg weer in ’n reghoek uit en sprinkel nóg ’n kwart van die botter oor. Vou weer die hoeke in en verkoel. Herhaal dié proses tot die gerasperde botter opgebruik is. Rol die deeg vir ’n laaste keer liggies uit, vou die hoeke in en vorm ’n vierkant of reghoek. Draai goed toe en verkoel tot jy reg is om te bak. Lewer genoeg deeg vir twee groot melkterte.

Voorverhit die oond tot 210 °C en sit ’n groot bakplaat in die oond. Sit twee groot blikborde in die vrieskas (sien “Kombuiswen­k”). Rol die skilferkor­sdeeg liggies uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer die twee koue blikborde daarmee uit. Sit weer terug in die vrieskas. Vir die melktertpa­p: Verhit die melk en pypkaneel saam. Meng die suiker, meel, mielieblom en sout saam en maak met ’n bietjie ekstra melk aan tot ’n gladde pasta. Skep van die warm melk uit die kastrol hierby en roer deur tot glad. Voeg alles terug in die kastrol en verhit, terwyl jy met ’n houtlepel roer, tot kookpunt. Prut liggies, terwyl jy roer, tot gaar. Haal van die stoof af en gooi die botter by. Laat effens afkoel en haal die pypkaneel uit. Klits die eiergele goed en roer by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou dit versigtig by die melktertpa­p in. Verdeel die pap tussen die twee tertkorse en sit die koue blikborde op die warm bakplaat in die oond neer. Bak vir 15-20 minute tot die deeg opgepof is, verlaag die oondtemper­atuur tot 180 °C en bak vir ’n verdere 10-15 minute tot gaar. Laat effens afkoel en sprinkel fyn kaneel mildelik oor. Melktert vries ook goed.Laat die terte afkoel tot kamertempe­ratuur, bedek lugdig en vries vir tot 2 maande. Om voor te sit: Laat die terte in die yskas ontdooi en maak dit in die oond warm by 140 °C. Lewer 2 groot melkterte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa