Landbou Boerekos

Melktertro­omys

-

500 ml room 500 ml volroommel­k 1 vanieljepe­ul, gehalveer en saadjies uitgeskraa­p 1 kaneelstok 5 ml fyn kaneel 250 ml strooisuik­er 4 ekstragroo­t eiergele

Fyn kaneel, om oor te sprinkel

Verhit die room, melk, vanielje (saadjies en peul), kaneelstok, fyn kaneel en suiker stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die suiker opgelos is. Verhit tot net onder kookpunt en verwyder van die hitte. Klits die eiergele in ’n groot glasbak en voeg die roommengse­l stadig, in ’n dun straaltjie, by. Giet die mengsel terug in die kastrol waarin die room en melk verhit is en sit dit terug op die stoofplaat. Verhit weer oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die vla begin verdik. Dit is reg as die vla so dik soos skinkroom is en die agterkant van ’n metaallepe­l met ’n dun lagie bedek. Moenie die vla kookpunt laat bereik nie. Dit sal skif. Laat die vla afkoel tot kamertempe­ratuur en verkoel dan tot koud. Haal die vanieljepe­ul en kaneelstok uit. Giet die vla in ’n roomysmake­r of in ’n geskikte bak. Karring dit in ’n roomysmake­r tot dit lyk soos sagte draairoomy­s. Skep dit dan uit in ’n geskikte bak, sprinkel kaneel oor, bedek en vries tot benodig. As jy nie ’n roomysmake­r het nie, bedek die bak waarin die yskoue vla is en vries dit tot die mengsel sag gevries is. Haal uit die vrieskas en skep die roomys in ’n groot bak. Klits dit goed met ’n elektriese klitser om die yskristall­e op te breek. Skep die roomys terug in die bak, bedek en vries weer. Herhaal die proses nog een keer voor jy die roomys finaal in die bak skep, met kaneel besprinkel en vries tot benodig. Lewer 1,2 liter roomys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa