Landbou Boerekos

Koeksister se susters

Churro’s

-

In Spanje is churro’s die naaste wat jy aan ’n koeksister gaan kom. Maar pleks van suikerstro­op word churro’s eers in kaneelsuik­er gerol en dan in warm sjokolades­ous gedoop. Deeg 250 ml water 100 g botter 2 ml sout 250 ml koekmeel 4 eiers Olie, vir diepbraai 125 ml kaneelsuik­er

Sjokolades­ous 100 g donker sjokolade, gekap 125 ml room

Deeg: Verhit die water, botter en sout in ’n kastrol tot dit vinnig kook. Voeg die meel by en roer vinnig tot dit ’n bol vorm. Verwyder van die hitte. Klits die eiers een vir een by. Klits goed tot heeltemal gemeng. Skep die beslag in ’n spuitsak met ’n groot sterpunt en spuit stukke van 5 cm in warm olie. Braai tot liggoudbru­in en deurgaar. Skep uit en dreineer. Besprinkel die churro’s met kaneelsuik­er. Sjokolades­ous: Verhit die sjokolade en room saam tot glad. Sit dit warm voor saam met die churro’s. Lewer ongeveer 60 churros.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa