Landbou Boerekos

Oondgebraa­ide skaapboud

-

1 skaapboud van ongeveer 3,5 kg 80 ml fyngekapte pietersiel­ie 5 ml sout 3 ml swartpeper 1 groot ui, grof gerasper 3 ml elk neutmuskaa­t en fyn naeltjies Olie 250 ml effesoet witwyn

Voorverhit die oond tot 160 °C. Sny met ’n skerp mes diep kepe in die boud, sowat 5 cm uit mekaar. Sny tot byna op die been. Sit nou die boud in ’n gesmeerde oondbak. Meng die pietersiel­ie, sout, peper, ui, neutmuskaa­t en naeltjies saam en smeer die mengsel in die snye. Smeer die boud met olie en geur bo-op ook met sout en peper. Giet die wyn oor en bedek met ’n digpassend­e deksel. Bak die skaapboud vir 30 minute vir elke 500 g. Wanneer die boud sag is, giet die meeste van die pansouse in ’n kastrol af (gebruik dit om ’n ryk vleissous te maak) en bak die boud dan onbedek verder tot goudbruin en bros bo-op. Laat rus die vleis vir 10 minute en sny in skywe. Sit voor met vleissous, soetpatats en groenertji­es. Lewer 12 porsies.

“Skaap Bout, ander Manier: Was skoon en droog af, sny mooi snye af tot op di been, net soos vir die tafel, mar moet ni uit sny ni, dit moet nog vas sit op di been, maak an gekapte pieterseli, sout, peper, in fyn ui, halwe neut, 3 blaartjies foeli, 12 kruinagels alles fyn, set tussen di snye, steek vas met ’n pennetji, gooi daaroer ’n groot glas wyn, smeer die bout en braai dit.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa