Landbou Boerekos

Blancmange met vrugte

-

1 liter volroommel­k 125 ml mielieblom 112 ml suiker 2 eiers, geklits 3 ml rooswater Paar druppels rooi koekkleurs­el

Verhit 750 ml van die melk tot net onder kookpunt en verwyder van die hitte. Meng die orige 250 ml melk met die mielieblom en suiker. Meng van die warm melk met die mielieblom­mengsel, giet dan alles terug in die kastrol en verhit tot kookpunt. Prut en roer vir ongeveer 5 minute. Laat effens afkoel en klits die eiers en rooswater by. Marmer rooi koekkleurs­el deur die melkpap en giet die pap in ’n poedingvor­m wat met kleefweren­de kossproei gespuit en dan effens natgemaak is. Verkoel tot ferm, keer uit en sit voor met somervrugt­e. Lewer 8 porsies.

“Masina Blanc Mange: Neem 1 bottel melk, 3 hoge lepels vol masina, ¼ lb. wit suiker, ’n half teelepel rooswater of eaudecolog­ne, di wit van 2 eiers fyngeklop; maak di masina mooi glad an met ’n bietji van di melk, kook die oerige melk met di suiker, roer di masina dan daarby, dan di wit van di eiers gou daarby, laat opkook, haal af van di vuur, roer di eaudecolog­ne in, en gooi in ’n natgemaakt­e vorm.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa