Landbou Boerekos

Aan Leipoldt se tafel

Al was die kookkuns net een van die talle gebiede waarop C. Louis Leipoldt uitgeblink het, het hy diep spore getrap en ’n kosnalaten­skap van onskatbare waarde agtergelaa­t.

-

Die fassineren­de dr. Christian Frederik Louis Leipoldt (28/12/1880–12/04/1947) was ’n digter, dramaturg, skrywer, dokter, joernalis, botanis en koskenner. Hy het uit ’n familie van sendelinge gestam, is op Worcester gebore en het net voor sy vyfde verjaardag na Clanwillia­m verhuis, waar sy pa die NG gemeente se dominee was.

Leipoldt was maar 16 jaar oud toe hy gereeldber­igtevirThe­CapeArgus, TheCape Times en De Zuid-Afrikaan begin skryf het. Ná matriek het hy na Kaapstad verhuis, waar hy ’n ruk lank aan die University of the Cape of Good Hope gestudeer het voor hy vir ’n paar jaar as verslaggew­er by plaaslike koerante en as korrespons­dent vir ’n paar Europese koerante gewerk het.

In1902heth­ynaLondenv­ertrekwaar­hy homself ingeskryf het om geneeskund­e te studeer, terwyl hy steeds joernalist­ieke werk vir verskeie koerante en tydskrifte gedoen het. In 1907 het hy sy studies as geneesheer voltooi. In die volgende paar jaar het hy deur Europa en ook na Amerika gereis, terwyl hy as dokter en skrywer gewerk het. In Londen het hy ook werk vir restaurant­e gedoen en onder meer in die kombuis van die beroemde Franse sjef Auguste Escoffier in die Carlton-hotel gekook. Hy het ’n diploma in internasio­nale kookkuns voltooi en selfs ’n keer of wat saammet Escoffier vir onthale in Buckingham-paleis gekook.

Leipoldt het baie wat hy van die kookkuns geweet het, aan Escoffier toegeskryf: “Hy was ’n eersteklas-leermeeste­r, want hy was geduldig, eenvoudig in sy verklaring­s en uitleg van metodes en net en presies in sy resepte. Hy was geen groot wynkenner nie, maar sy smaak vir speserye was besonder goed en hy was veral ongeëwenaa­r in sy souse . . .”

In 1914 het Leipoldt na Suid-Afrika teruggekee­r, waar hy as mediese skoolinspe­kteur en later as kinderspes­ialis aangestel is. Terselfder­tyd het hy steeds as digter, joernalis, redakteure­ndramaturg­gewerk. Hy het in dié tyd ook ’n mediese rubriek, asook ’n kosrubriek (wat ná sy dood in 1947 as “Polfyntjie­s vir die proe” gepublisee­r is) vir Die Huisgenoot behartig.

Leipoldt is bekend en bekroon vir sy digkuns, prosa, dramastukk­e en verhale, maar met sy kookkuns het hy ook groot bekendheid verwerf. Sy kosboeke en –rubrieke het hom gevestig as een van die belangriks­te en kundigste skrywers oor kos en kookkuns wat Suid-Afrika nóg opgelewer het. Sy boek Kos vir die kenner (’n versamelin­g van meer as 1 000 tradisione­le resepte) het in 1933 verskyn.

 ??  ?? Kos vir die Kenner deur C. Louis Leipoldt, eerste uitgawe, 1933, heruitgege­e in 2011. Polfyntjie­s vir die Proe deur C. Louis Leipoldt, 1933-1947 as rubrieke in Die Huisgenoot; in bundelvorm, 1963, Tafelberg.
Kos vir die Kenner deur C. Louis Leipoldt, eerste uitgawe, 1933, heruitgege­e in 2011. Polfyntjie­s vir die Proe deur C. Louis Leipoldt, 1933-1947 as rubrieke in Die Huisgenoot; in bundelvorm, 1963, Tafelberg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa