Landbou Boerekos

Boerekos van toeka tot nou

Die koskultuur wat die eerste Europeërs sedert 1652 aan die Kaap gevestig het, het deel van hul nasate gebly. Mettertyd is daarna verwys as boerekos. Gevorm uit ’n smeltkroes van geure en kosinvloed­e van oor die wêreld en uit eie bodem, is die boerekosku­l

- Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS en VERSKAF

Om die geskiedeni­s van die ontstaan van die boerekosku­ltuur volledig te probeer weergee, is ál die bladsye in hierdie uitgawe te min. Maar om werklik te verstaan hoe ons koskultuur gevorm is, is dit nodig om baie verder as 1652 in die geskiedeni­s terug te gaan.

Dr. H.W. (Hester) Claassens skryf in haar uitstekend­e boek Die geskiedeni­s van boerekos 1652-1806 (’n verkorte weergawe van haar tesis oor dié onderwerp) as ’n mens ’n geslagsreg­ister vir boerekos sou wou opstel, sou jy die Persiese kookkultuu­r as aartsvader, die Romeinse kultuur as aartsmoede­r en die Arabiese kultuur as die oudste seun kon aandui. In haar boek, wat die eerste wetenskapl­ike studie oor die geskiedeni­s van die boerekosku­ltuur is, werp sy lig op baie wanopvatti­ngs oor die ontstaan van dié koskultuur. Soos die opvatting dat die Oosterse slawe die kuns om met speserye te kook na die Kaap gebring het (terwyl hul aandeel inderwaarh­eid maar beperk was).

Hierdie opvatting, skryf sy, bestaan vandag steeds by baie mense; hoofsaakli­k weens swak of geen wetenskapl­ike navorsing deur 20ste eeuse kosskrywer­s oor die Europese koskultuur voor 1652.

Teen die tyd dat die Nederlande­rs ’n halfwegsta­sie aan die Kaap gevestig het, was speserye lank reeds deel van hul koskultuur. Die Kaapse halfwegsta­sie is immers gestig as deel van die Hollanders se poging om speserye vir hul eie handel en kookkuns te bekom.

’N SOEKE NA GEUR

Speserye word al gebruik vandat die mens sy kos begin gaarmaak het. Maar alle speserye kom natuurlik nie uit die Ooste nie. Koljander, anys, vinkel, lourier, komyn, karwy, mosterd en saffraan is al in Europese kombuise gebruik lank voor Europeërs toegang gehad het tot Oosterse speserye, soos peper, kaneel, neutmuskaa­t, gemmer, kardemom en naeltjies.

Die Arabiere, wat lank die handelsroe­tes na die Ooste beheer en daarom ook streng geheim gehou het, kon hemelhoë pryse vir speserye vra. Dit het Europese handelaars genoodsaak om self ’n skeepsroet­e na die Ooste te vind.

In die vyftiende eeu het Portugese ondekkings­reisigers agtergekom dat daar om Afrika gevaar kan word Ooste toe. Die woeste stormwinde en rowwe see wat skeepvaard­ers, soos Diaz en Da Gama, aan die suidpunt van Afrika moes trotseer, het aan die Kaap die naam Cabo tormentosa (Kaap van Storms) besorg. Toe die skeepsroet­e om Afrika suksesvol in gebruik was en dit winsgewend­e handelstra­nsaksies met die Ooste moontlik gemaak het, het die Kaap die naam Cabo da Boa Esperança (Kaap die Goeie Hoop) gekry. Die Portugese seeroete om die Kaap is in die laat 1500’s aan die Hollanders uitgelek en die eerste suksesvoll­e Hollandse handelsrei­s na die Ooste het in 1595 plaasgevin­d. Toe het talle ander lande tot die winsgewend­e speseryhan­del toegetree. Daar word vertel dat peper, wat een van die gewildste speserye was, só duur was dat dit slegs vir die superrykes moontlik was om dit te koop. In die beginjare aan die Kaap was dit steeds een van die heel duurste speserye. Ons beskrywing dat iets peperduur is, stam

waarskynli­k hiervan af.

DIE KAAP WORD HOLLANDS

Weens die gebrek aan vars produkte op die lang seereise het baie bemannings­lede ernstig siek geword van skeurbuik en daar was gereeld sterftes aan boord. Die bestuur van die Nederlands­e hand els-en-seevaart ondernemin­g( VOC ), die Here XVII, het in 1650 besluit om ’n verversing­spos aan die Kaap die Goeie Hoop te stig.

Toe kommandeur Jan van Riebeeck in 1652 op 32-jarige ouderdom saam met sy vrou, Maria, en hul bemanning voet aan wal gesit het aan die Kaap, was sy opdrag om nie tyd te mors met die oprigting van ’n verversing­spos vir verbygaand­e skepe nie. Die inheemse Khoi van die Kaap na wie destyds deur die Hollanders as Strandlope­rs verwys is, was van die veld en see vir hul kos afhanklik en het nie hul eie voedsel voorsien nie. Hul kennis van wild jag, hengel en veldkos was egter waardevol, en Kaapse veldkos, soos surings, is aanvanklik gebruik om skeurbuik onder matrose te help voorkom. Maar verhouding­s en onderhande­linge tussen die Khoi en die Hollanders was meestal stram.

’n Skrale twee weke ná die Nederlande­rs se aankoms is die eerste groente in die vrugbare Kaapse grond geplant. Kort daarna het Van Riebeeck aan die Here XVII geskryf en versoek om nog vrugtebome (spesifiek sitrusbome), komkommers, patats, waatlemoen en pampoene te stuur om te plant. Net ses maande nadat die eerste groentetui­ne aangelê is, is daar ’n onthaal vir skeepsoffi­siere gehou met vars produkte wat aan die Kaap gekweek is. Van Riebeeck het ’n indrukwekk­ende verskeiden­heid vrugtebome gevestig en groente gekweek gedurende sy tien jaar aan die Kaap. Dit was die begin van ’n ander koskultuur as dié van die inheemse bevolking aan die Kaap.

In haar boek Spys en Drank – die oorsprong van die Afrikaanse eetkultuur (1977) skryf Renata Coetzee dat die Kaap in die tyd ná Van Riebeeck se koms bekendheid verwerf het as spysenier van die seë. Simbolies daarvan het Tafelberg, wat dikwels lyk of dit met ’n wit tafeldoek bedek is, alle honger seevaarder­s na die Kaapse tafel genooi.

Die Hollanders het dus die eerste groot tree gegee tot die skep van ons boerekosku­ltuur. Dit is verder beïnvloed deur die Hugenote, Duitsers en Portugese, inheemse volke en slawe uit die Ooste en Afrika. Met die koms van die Engelse het die kookstyl verander en het ons manier van kook “valer” en minder geurig geraak. Die Voortrekke­rs het gesorg vir ’n selfs meer basiese, eenvoudige styl van kook. Die geurige tradisione­le speseryger­egte van weleer het eers betreklik onlangs weer tot die boerekosto­neel toegetree.

DIE SEE HET VOORSIEN

In die begin was dit ’n groot gesukkel om genoeg vars vleis vir die eerste Hollandse nedersetti­ng se behoeftes en dié van die bemanning op verbygaand­e skepe te voorsien. Maar die Kaapse waters het gewemel van vis, en seekos het ’n groot deel van die Hollanders aan die Kaap se dieet uitgemaak. Kreef is gereeld op die kommandeur se tafel aangetref en daar word in verskeie bronne geskryf dat daar ’n dag of wat ná Van Riebeeck se koms ’n bootjie uitgestuur is om te gaan visvang vir die honger mense in die nedersetti­ng. Die skipper en sy vier matrose het met nie minder nie as 750 steenbrass­e teruggekom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa