Skaapboud en soetpatat soos in die ou dae
Elizabeth Dijkman, skrywer van die eerste Afrikaanse kookboek waarin talle boerekosgunstelinge vervat word, het die pad geteer vir talle Afrikaanse kookboekskrywers wat ná haar gekom het.
Elizabeth Jane (Lizzy) Dijkman (gebore Eckley), skrywer van die eerste Afrikaanse kookboek, is in Londen gebore, maar het ná haar troue met die sendeling Jan Hendrik Dijkman Afrikaans as spreektaal aangeneem. Die Dijkmans het in die Paarl gewoonenElizabethhetdaarbydiedrukkers van die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, gewerk het. Sy het vir 25 jaar resepte en boererate versamel en beproef en dit in 1891 in boekvorm beskikbaar gestel vir die Afrikaanse vrou. Sy skryf in haar voorwoord dat sy lank reeds van plan was om ’n resepteboek te skryf, maar sy wou dit aanvanklik eerder in Engels uitgee omdat sy die taal soveel beter verstaan. “Mar myn vrinde het my gevraag om dit liwers in Afrikaans te doen, dan kan onse Afrikaanse Onderveldse susters— diminderofgenEngelsken— oek nut daarvan he.”
En op dié manier het Lizzy Dijkman haar nie net in die geskiedenisboeke ingeskryf as baanbreker en skrywer van die eerste resepteboek in Afrikaans nie, maar haar ook gevestig as een van die stammoeders van die boerekoskultuur.
Haar kookboek, Di Suid-Afrikaanse Kook-, Koek- en Resepteboek, wat deur die drukkers van Die Afrikaanse Patriot gepubliseer is, was uiters gewild en het uiteindelik 18 uitgawes beleef. ’n Hersiene uitgawe met die oorspronklike teks, maar met ’n nuwe omslagontwerp en illustrasies (op die foto’s links bo), is in 1979 deur Human & Rousseau uitgegee.
‘As di resepte deur julle noukeurig geweeg en gemaak word, dan moet alles goed kom. Di fout sal an julle lê as dit nie goed kom ni. Dus let mar goed op, en weeg en meet alles sekuur af; al is dit ’n bietji moeilik.’ — Elizabeth Dijkman, 1890, Paarl.