Landbou Boerekos

Lekkerbek-winkel bied holte vir elke Myburgh-voet

Philip Myburgh, sy vrou, Gill, en ál hul kinders is betrokke by Klein-Joostenber­g, ’n inkopiepar­adys vir lekkerbekk­e digby ’n besige kruispad naby Stellenbos­ch. Hier vul die geur van vars gebakte brood en pasteie soggens die lug, uitsoekvle­ise word voorbe

- Teks: LUCILLE BOTHA Foto’s: LUCILLE BOTHA en VERSKAF

R eeds wanneer jou motordeur oopswaai by Klein-Joostenber­g, word jou sintuie geroer deur die soet geur van die duisende tuinrose wat by Ludwig Taschner se rooskweker­y op die perseel gekweek word. Vet plaashoend­ers stap saam met jou na die ingang van Klein-Joostenber­g se lekkerbekl­ushof. Eers word jy oorrompel deur vars groente en vrugte wat só mooi is dat jy daaraan vat om seker te maak dis eg. Dan wag daar ’n rak met ryk, romerige kase van hier én oorsee en bosse kleurryke blomme wat roep om in jou mandjie gelaai te word. By die tuisgebak-toonbank begin jou mond spontaan water vir die vars plaasbrode en boepenspas­teie met goudbruin deegkomber­sies.

Die hart van die deli is egter die vleistoonb­ank waar keursnitte varkvleis in geurige marinades bad en ’n verskeiden­heid gerookte vleise en wors om jou aandag meeding.

“Dis ’n regte plaaswinke­l waar ons aanvanklik melk en ’n bietjie vleis van ons plaas afverkooph­et. Meerastwin­tigjaargel­edehet mypadieide­egehadomhi­erdieplek, metverskil­lende ondernemin­gs op dieselfde perseel, te bou. Ons het net kom inval,” vertel Susan Dehosse.

“My pa, Philip Myburgh, is die eienaar van die vleisafdel­ing. Ek en my man, Christophe, en my pa behartig saam die gasvryheid­safdeling, wat bestaan uit die restaurant, deli, bistro en funksielok­aal. My ma, Gill, kweek al jare lank blomme op die plaas en sy verskaf ál ons blomme. My jongste broer, Tyrrel, is die boer. Hy bestuur die organiese wingerde en maak wyn. My ander broer, Philip, is ’n advokaat in die Kaap, maar hy is ook by die wynafdelin­g betrokke en behartig die bemarking en verkope daarvan. My suster, Nicky, is altyd op soek na mooi goed wat plaaslik vervaardig word en iets met kos en wyn te doen het wat ons in ons dekor-afdeling kan verkoop,” sit sy elkeen se rol in dié familieond­erneming uiteen.

Philip sr., wat jy nooit sou kon raai al 77 is nie, sluit by die gesprek aan.

“’n Pa moet baie versigtig wees om nie sy kinders in ’n rigting te dwing waar hulle nie wil wees nie. My benadering was dat dit baie lekker sou wees om ’n ondernemin­g te bedryf waarin familieled­e betrokke kon wees sonder om mekaar in die hare te vlieg. Ja, dit was een van my behoeftes wat my tevredenhe­id sou gee,” vertel hy oor sy idee meer as twee dekades gelede om die unieke ligging

van Klein-Joostenber­g behoorlik te benut.

Die plaas is in die Muldersvle­i-omgewing net tien minute se ry van Stellenbos­ch, twaalf minute van die Paarl en vyf minute van Kaapstad se noordelike voorstede.

GESLAGTE SE BOERE Philip sr., wat die hoed van boer, sakeman en parlements­lid in sy lewe gedra het, het gou besef in die landbou is die een wat beheer het oor sy mark, die een wat die wins in sy sak steek. “Ek het besef dit sal goed wees as ons met ons plaasprodu­kte so na as moontlik aan die huisvrou kan kom. Daarom het ek hierdie plek gekoop, wat toevallig KleinJoost­enberg genoem is.”

Destyds het hy sy Holsteinku­dde daarheen verskuif en melk regstreeks aan die publiek begin verkoop. Hy het dieselfde met sy vark-

vleis gedoen. Die Myburghs was welbekend vir die Landrasvar­ke waarmee hulle geboer het.

“My pa was tydens die Tweede Wêreldoorl­og ’n krygsgevan­gene in Duitsland en ná die oorlog moes hy drie maande lank in Engeland wag om pasaat te kry terug huis toe. In daardie tyd het hy die plase besoek van die Engelse wat saam met hom krygsgevan­genes was. Hy het gesien dat die Engelse, om die soldate te voed, die voorste Europeërs geword het wat varkboerde­ry betref. Hy het gesien dis ’n moderne manier van boer en met sy terugkoms in 1948 het hy met ’n varkboerde­ry begin. Die res is, soos hulle sê, geskiedeni­s.”

Philip sr. het soggens “van donker tot lig” by sy varkboerde­ry gewerk, waarna hy moes stort en skeer om betyds in die stad te kom,

waar hy onder meer in die motoronder­delebedryf gewerk het.

Die meeste boere in die Muldersvle­i-omgewing het destyds hul eie melk- en skaapkudde gehad, Turkse tabak en ertjies geplant, appelkose verbou en, waar daar genoeg water was, ook groente geplant.

Van dié gemengde boerderye het daar min oorgebly. Die Myburghs het ook mettertyd hul veevertakk­ings tot niet gemaak en meer aandag aan die kleinhande­l en wynbou begin gee. Muldersvle­i is vandag hoofsaakli­k bekend vir wyndruiwe. ’n Hele paar kelders is in die gebied opgerig – onder meer op Joostenber­g.

Tyrrel maak organiese wyn van Chenin blanc, Shiraz, Viognier, Cabernet sauvignon en Merlot, wat veral na Europa uitgevoer word, maar natuurlik ook by Klein-Joostenber­g beskikbaar is.

“Om organies te boer, is om te boer soos my oupa geboer het, maar dis belangrik as ’n mens die aarde wil red.”

Susan sê dis ook vir Tyrrel belangrik om wyn te maak wat ’n werklike weerspieël­ing is van Joostenber­g se grond, klimaat en terrein. “Hoe natuurlike­r jy te werk gaan, hoe meer sien jy daardie karakter in die wyn.”

GOEIE KOS IN HUL GENE Al sê Philip sr. hul belangstel­ling in kos is eerder van so ’n aard dat ander mense die vrug van hul arbeid moet geniet, strek die familie se liefde vir onthaal en lekker eet terug tot by Philip se ma, Marjorie.

Marjorie het hier teen 1952 ’n restaurant in die voorhuis op Joostenber­g oopgemaak. Philip sr. was toe omtrent 12 jaar oud. Hy onthou die dag waarop haar restaurant sy deure oopgemaak het, nog goed.

“My ma was van Engels-Skotse afkoms, maar sy kon kos kook. Goed soos geelrys, pasteie, melktert . . . al daai tradisione­le geregte. Sy het ’n soort handgeskre­we, geverfde ding teen die pad opgerig wat sê: ‘Teekamer/ tea room’. Nou, op die eerste dag sit en wag ons vir die eerste kliënte en uiteindeli­k kom daar ’n kar aan. Maar my ma was só senuagtig, sy kon nie ingaan om te vra wat die kliënt wou hê nie! My suster – sy moes omtrent 17, 18 jaar oud gewees het – het toe maar ingegaan om met hom te gaan praat. Die kliënt was ’n ou met die naam dr. Le Riche. Hy was ’n jong man en hy het later soms ook hierheen (Klein-Joostenber­g) gekom.”

Dit was nie lank nie, of Marjorie se voorkamerr­estaurant was só gewild dat jy nie op ’n Sondag daar kon gaan eet sonder om vooraf te bespreek nie. “My ma het ’n besigheid van kos gemaak, en van daar af het dit maar sy loop gekry . . . ” mymer Philip sr.

Susan, wat in Engeland en Frankryk haar skoling as sjef gekry het, gebruik tot vandag toe nog van haar ouma se resepte, veral as sy melktert en skons bak of appelkoosk­onfyt kook. Die karige eenvoud waarmee Marjorie oor die weg gekom het, staan in skrille kontras met vandag se moderne restaurant­kombuise. “Sy het haar Agastoof in die kombuis gehad, een kraan met koue water en net een lig. Sy was nie juis ’n avontuurlu­stige kok nie, maar sy het haar outydse, alledaagse resepte gevolg en dit baie goed gedoen.”

Susan het soms saam het haar in die kombuis gewerskaf en net soos die Myburghs vandag nog ’n klem plaas op gehalte, het Marjorie ook nie destyds doekies omgedraai knie. “Ek het een keer klein melktertji­es gebak en vir haar daarvan geneem. Sy’t vir my gesê die deeg is nie reg nie! Ek onthou dit baie goed,” lag Susan.

GEHALTE OP JOU BORD Vandag nog meen die Myburgh-familie dat gehalte die swaarste weeg wanneer dit by ’n maaltyd kom. Soos Philip sr. sê: “Kos is deel van jou kultuur. Opgevoede mense stel belang in goeie kos en eet nie gemorskos nie. As jy hier kom eet, kry jy nie ’n geweldige groot bord kos nie; jy kry genoeg, maar jy kry goeie kos. Dís ons benadering.”

Sy gunsteling­gereg is vis, maar net as skoonseun Christophe dit voorberei. As dit nie op die spyskaart is nie, kies hy graag varkworsie­s, kapokaarta­ppels en appelsous. “Dis eenvoudige, maar goeie kos.”

Die familie kuier graag saam, selfs al sien hulle mekaar gereeld by die werk, sê Susan.

“Ons braai dikwels laat op ’n Sondagmidd­ag. Partykeer bring elkeen iets saam, dan eet ons amper ’n piekniek-tipe ete. As iemand verjaar, maak my ma kos en dan eet ons saans saam – voor die kaggel in die winter. Ons kinders bly nog almal naby mekaar en óns kinders is ook nog almal hier, behalwe een, wat in Johannesbu­rg werk.”

Philip beskou Klein-Joostenber­g as sy “tweede loopbaan”, een wat hom eindelose plesier gee. “Maar my heel lekkerste werk was in die Parlement, veral as jy die ander ou kon slegsê!” knipoog hy oor die tydperk vanaf 1977 toe hy ’n LP van die Progressie­we Federale Party was.

Marjorie het haar voorkamerr­estaurant bedryf met net haar Agastoof, een kraan met koue water en net een lig in die kombuis.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Die Myburghs het sedert die laat 1940’s met varke geboer, nadat Philip sr. se pa, ook Philip, in Engeland gesien het met watter moderne praktyke varkboere woeker.
HEEL BO: Die Myburghs het sedert die laat 1940’s met varke geboer, nadat Philip sr. se pa, ook Philip, in Engeland gesien het met watter moderne praktyke varkboere woeker.
 ??  ?? MIDDEL BO: Marjorie Myburgh in haar plaaskombu­is van waar sy in die 1950’s ’n voorkamerr­estaurant op die familiepla­as Joostenber­g bedryf het.
MIDDEL BO: Marjorie Myburgh in haar plaaskombu­is van waar sy in die 1950’s ’n voorkamerr­estaurant op die familiepla­as Joostenber­g bedryf het.
 ??  ?? BO: Die ou opstal op Joostenber­g is waarskynli­k een van die oudste, oorspronkl­ike, ongeskonde plaashuise in Suid-Afrika.
BO: Die ou opstal op Joostenber­g is waarskynli­k een van die oudste, oorspronkl­ike, ongeskonde plaashuise in Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa