Slot­woord: ‘Se­gen, Va­der . . .’

Boe­re­kos is meer as braai­boud, soet groen­te en bak­poe­ding. Dis kos, hoe een­vou­dig ook al, wat uit die hart ge­deel word, skryf JO­AN KRU­GER.

Landbou Boerekos - - Inhoud -

J‘y moet net wens dat jy nooit snoek­kop­pe eet nie, tan­nie Jo­an . . .”

Oë toe­ge­knyp teen die son se skerp­te op die see, sit ons saam met Pa­ter­nos­ter se vis­sers­kin­ders op ’n rots wat in die baai­tjie in­skiet. Ons is nu­we in­trek­kers, bin­ne­lan­ders, en leer die dorp, sy men­se en ma­nie­re ken. Ons vra uit en die kin­ders brei uit. “Nou hoe­kom nie snoek­kop­pe nie?” “Tan­nie Jo­an! As jy eers snoek­kop­pe ge­ëet het, wil jy nóóit weer iets an­ders eet nie.” Al die kop­pies knik. Dit is so. Ek ver­staan. Ek ken ge­bak­te skaap­kop. Ek ken vark­wan­ge. As snoek­kop­pe net half­pad so lek­ker is, sal ek dalk ook vir die res van my le­we net snoek­kop­pe wil eet.

Snoek­kop­pe ís toe so lek­ker. Dis murg en ge­braai­de oes­ters in een. Dis ook meer as net dit. Dis see­wind en sons­on­der­gang oor die baai, bran­ders wat spat en meeue wat krys. Dis oor­le­wing deur koue win­ters­maan­de as on­weer die vis­ser­man­ne by die huis hou en skrap­se voor­ra­de ge­rek moet word.

Só, met­ter­tyd, het ons die dorp en sy men­se, sy voor- en te­ë­spoed, leer ken. Ons het ge­leer om swart­mos­sels van die rot­se af te haal en wit­mos­sels met kaal voe­te uit die sand te wik­kel. Ons het veld­kool in die dui­ne ge­pluk en soos as­per­sies gaar­ge­maak. Ons het snoek op die ko­le ge­braai en as die vis­ser­man­ne har­ders trek, s­trand toe ge­loop om ’n skot­tel­tjie vol te gaan koop.

Ons het kos uit die see en kos uit die dui­ne leer ken. Kos so an­ders as die skaap­vleis, rys en soet­pa­tats waar­mee ons groot­ge­word het.

An­ders, maar ook nie, be­sef ek een aand toe ons, met see­wind en bran­ders wat bui­te raas, roos­ter­koek gaar­maak in ons groot Wes­kus­vuur­herd. Vir ’n oom­blik is ek weer klein en te­rug in my ma se plaas­kom­buis op ons grond­jie net so dus­kant Ka­ka­mas.

Son­dag­mid­dae was kui­er­tyd vir die dorps­men­se. Ná baie kop­pies kof­fie, as die son wa­ter trek, word daar aan­stal­tes ge­maak om te­rug te ry. Maar son­der uit­son­de­ring: “Bly, kê­rels, ek maak vir ons iet­sie.” (My ma.)

In die kos­kas is daar par­ty aan­de eint­lik net meel, bak­poei­er en sui­ker, soms ei­ers; in die ys­kas melk en bot­ter. Dis al wat no­dig is. Dit kan melk­kos word – die dík, slin­ger-om-die-smoel-soort – of pan­ne­koek. Of oond­brood­jies.

Ons kin­ders gaan haal hout by die hout­hoop. On­der lamp­lig by die kom­buis­ta­fel, om­vou deur die hit­te van die Je­wel­stoof, word die kui­er nóg be­haag­li­ker ter­wyl die deeg aan­ge­maak word.

Die oond­brood­jies breek ons la­ter warm oop. Daar­by goud­geel plaas­bot­ter en kor­rel­kon­fyt van ons eie druiwe. “Se­gen Va­der, het­geen wij e­ten.”

En nou, baie ja­re la­ter, weet ek: Boe­re­kos is baie meer as bruin braai­bou­de en goue soet­pa­tats, bre­dies en mal­va­poe­ding. Dis ook dit wat in een­voud uit die hart ge­deel word en gees so­wel as lig­gaam voed. Snoek­kop­pe. Oond­brood­jies.

Vir dié oor­vloed, lof en dank. A­men.

Jo­an Kru­ger is ’n ge­sou­te joer­na­lis, tyd­skrif­re­dak­teur en skry­wer. Haar boek On Top of Ta­ble Moun­tain – Re­mar­ka­ble vi­si­tors o­ver 500 y­e­ars het ver­le­de jaar ver­skyn. Sy tree ook op as re­dak­si­o­ne­le kon­sul­tant vir Tip A­fri­ca Pu­blis­hing. Jo­an is op Ka­ka­mas ge­bo­re, maar woon dees­dae op die kus­dor­pie Pa­ter­nos­ter aan die Wes­kus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.