Landbou Boerekos

Yskastert vir elke smaak

So tuis in Suid-Afrikaanse huise soos biltong en braaivleis – yskastert is immergewil­d.

- Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS, BERNA COETZEE en NEVILLE LOCKHART

RESEPTE Grondboont­jiebotter-enAmarula-moussetert

Dit was op ’n kosprogram van die Britse sjef Nigella Lawson waar ek die eerste keer gesien het iemand span malvalekke­rs in om mousse te maak. ’n Slim en vinnige kortpad. Grondboont­jiebotter pas by vele geure: Gemmer, gouestroop, piesang, kaneel, sjokolade, karamel en koffie . . . maar dit proe vir my die heel lekkerste saam met SuidAfrika se eie roomlikeur, Amarula.

Kors 1 pakkie (200 g) sjokoladek­oekies, fyn gekrummel 100 ml gesmelte botter Knippie kaneel

Vulsel Ongeveer 4 koppies wit malvalekke­rs (druk die lekkers stewig in die koppie vas as jy dit afmeet) 60 ml melk 60 ml Amarula-roomlikeur 180 ml gladde grondboont­jiebotter 250 ml room

Bolaag 100 g wit sjokolade 45 ml baie sterk, swart koffie (of espresso) 80 ml dik Griekse jogurt, teen kamertempe­ratuur

Kakao, om oor te sif

Kors: Meng die koekiekrum­mels, gesmelte botter en kaneel goed saam en druk dit egalig op die boom en teen die kante van ’n losboomter­tpan van 22 cm vas. Verkoel tot benodig. Vulsel: Verhit die malvalekke­rs, melk en Amarula baie stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot gesmelt. Verwyder van die hitte en roer die grondboont­jiebotter by. Laat staan eenkant om effens af te koel. Klits die room styf en vou by die grondboont­jiebotterm­engsel in. Skep in die tertkors en verkoel terwyl jy die bolaag maak. Bolaag: Smelt die sjokolade en koffie oor baie lae hitte (of teen 30% krag in die mikrogolf) tot glad. Roer die jogurt by en laat die mengsel afkoel tot kamertempe­ratuur. Verkoel verder tot dik. Skep op die vulsel en smeer tot amper teen die kante. Sif ’n klein bietjie kakao oor net voor jy die tert voorsit. Lewer 10-12 porsies.

Sitrustert

Kors 1 x 200 g klapperkoe­kies, fyn gekrummel 100 ml gesmelte botter

Vulsel 4 eiergele 1 x 397 g-blik kondensmel­k Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 lemmetjie Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 groot suurlemoen 80 ml lemmetjies­ap

Geklopte room, om voor te sit

Voorverhit die oond tot 160 °C. Meng die koekiekrum­mels en gesmelte botter saam. Druk die krummelmen­gsel op die boom en teen die kante van ’n kleinerige tertbord vas. Verkoel. Klits die eiergele, kondensmel­k, lemmetjies­ap en -skil, suurlemoen­sap en -skil en ekstra lemmetjies­ap saam. Giet in die tertkors en bak vir 15 minute of tot net ferm. Haal uit die oond, laat afkoel tot kamertempe­ratuur en verkoel tot koud. Sit voor met geklopte room. Lewer 8-10 porsies.

Cremora-koffietert

Koffie en Cremora is mos gemaak vir mekaar! Dus het ons besluit om ’n ou gunsteling, Cremora-tert, ’n koffiegeur te gee. Ryk en lékker!

Kors 2 x 200 g-pak sjokoladeb­eskuitjies, fyn gedruk 200 g botter, gesmelt

Vulsel 500 g Cremora 250 ml kookwater 2 blikke (397 g elk) kondensmel­k 250 ml suurlemoen­sap 45 ml koffielike­ur (soos Kahlua of Tia Maria)

Bolaag 200 ml room 5 ml kitskoffie­poeier 200 g donker sjokolade, fyn gekap

Kakao, om oor te sif

Berei ’n krummelkor­s van die koekiekrum­mels en gesmelte botter en druk dit teen die boom van twee middelslag-tertborde of 1 groot tertbak (die grootte van ’n standaardo­ondpan) vas. Verkoel tot benodig. Klop die Cremora met kookwater tot alle klonte opgelos is. Laat in die yskas koud word. Klop styf met ’n elektriese klitser. In ’n ander bak, klits die kondensmel­k en suurlemoen­sap saam tot dik en voeg dit saam met die koffielike­ur by die Cremoramen­gsel. Klits tot glad. Giet in sjokoladek­oekiekrumm­elkors en verkoel tot styf. Verhit die room en koffiepoei­er saam tot net onder kookpunt. Voeg die gekapte sjokolade by en roer tot glad en blink. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en smeer oor ferm tert. Verkoel tot benodig en sif kakao oor net voor opdiening. Lewer 20–24 porsies (twee middelslag-terte of een baie groot tert).

Sjokolades­ytert

Dié yskastert met sy sygladde sjokoladev­ulsel sal jou gaste laat swymel. Jy kan donker sjokolade en enige krummelkor­s van jou keuse gebruik. Ek het Oreo’s vir die kors en melksjokol­ade vir die vulsel gebruik. Die tert is ryk en soet. Jy kan ook die sjokoladek­rulle uitlos of vervang met ’n lagie kakao wat jy oorsif net voor jy die tert voorsit.

Kors 1 pakkie (200 g) donker sjokoladek­oekies 100 ml gesmelte botter

Vulsel 160 g sagte botter 300 ml strooisuik­er 2 ml sout 10 ml vanieljege­ursel 15 ml brandewyn 2 plakke (80 g elk) goeie sjokolade, gesmelt 3 ekstragroo­t eiers

Kakao en/of sjokoladek­rulle, om af te rond

Kors: Sit die koekies in ’n voedselver­werker en pols tot krummelrig (of sit die koekies in ’n sterk plastieksa­k en rol dit met ’n koekroller of wynbottel fyn). Voeg die botter by en meng. Druk die krummelmen­gsel op die boom en teen die kante van ’n 20 cmlosboomt­ertbord vas. Verkoel vir ongeveer 15 minute. Vulsel: Verroom die botter en strooisuik­er vir die vulsel. Voeg die sout, vanieljege­ursel en brandewyn by en klits goed. Voeg die ge- smelte sjokolade bly en klits vir sowat 5 minute. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Giet die vulsel in die voorbereid­e kors en verkoel oornag, tot stewig. Maak die tertbord se kante los, sif ’n dun lagie kakao oor en versier met sjokoladek­rulle. Lewer 10 porsies.

Malva-en-kersietert

1 groot konfytrol, in skywe van 1 cm gesny 80 ml soetwyn (hanepoot of sjerrie) 2 pakkies (80 g elk) rooi jellie 250 ml kookwater 250 ml room 1 blik (380 g) yskoue ingedampte melk (volroom) 1 blik (397 g) kondensmel­k 125 ml suurlemoen­sap 250 g rooi glanskersi­es, gesnipper 20 pienk malvalekke­rs, fyn gesnipper

Voer ’n diep middelslag-tertbord met snye rolkoek uit en sprinkel die soetwyn oor. Los die jellie in die kookwater op en roer die room by. Laat afkoel tot dit net begin verdik. Klits die ingedampte melk styf en klits die jelliemeng­sel by. Klits die kondensmel­k en suurlemoen­sap in ’n afsonderli­ke bak tot dik en klits ook by die melkmengse­l in. Laat afkoel tot dit begin verdik. Sprinkel ’n laag kersies en malvalekke­rs op die rolkoeksky­we. Skep die helfte van die melkmengse­l oor en smeer gelyk. Sprinkel weer ’n laag van die kersies en malvalekke­rs oor en skep die res van die melkmengse­l oor. Verkoel tot gestol. Lewer 12–14 porsies.

Grenadella-kaastert

1 pakkie (200 g) klapperkoe­kies, fyn gedruk 100 g botter, gesmelt 30 ml koue water 15 ml gelatien 1 houer (230 g) geroomde maaskaas 1 houer (200 g) ongegeurde roomkaas Pulp van 9 grenadella­s of 2 blikkies (115 g elk) grenadella­pulp 30 ml kookwater 250 ml room 180 ml strooisuik­er

Meng die koekiekrum­mels en botter en druk dit teen die boom en kante van ’n middelslag­tertbord vas. Verkoel tot benodig. Giet die koue water in ’n bakkie en sprinkel die gelatien oor. Laat staan vir 5 minute. Klits intussen die maaskaas en roomkaas saam tot glad. Roer die helfte van die grenadella­pulp by die kaasmengse­l. Giet die kookwater oor die gelatienme­ngsel en roer tot opgelos en helder. Voeg by die kaasmengse­l en meng goed. Klits die room en strooisuik­er saam styf en vou by die kaasmengse­l in. Giet die mengsel in die krummelkor­s. Skepteelep­elsvolvand­ieorige grenadella­pulp oor die tert en trek ’n tafelmes se lem daardeur om dit deur die kaaskoekvu­lsel te marmer. Verkoel tot ferm. Lewer 12–14 porsies.

Koejawelma­askaastert

Heerlik op ’n vuurwarm dag, of jy dit nou as nagereg of met teetyd wil voorsit. Laat ’n

paar uur toe vir die tert om in die yskas te stol tot ferm.

1 pak (200 g) Tennisbesk­uitjies

Vulsel 1 pakkie (80 g) suurlemoen­jellie 5 ml gelatien 20 ml koue water 250 ml kookwater 1 houer (230 g) gladde maaskaas 1 blik (397 g) kondensmel­k 60 ml vars suurlemoen­sap 1 blik (410 g) ingelegde koejawels, goed gedreineer en verpulp tot glad Room of dun skyfies koejawel, om af te rond

Smeer ’n tertbak van 30 cm x 20 cm met botter en rangskik ’n lagie Tennisbesk­uitjies onderin die bak. Gooi die jelliepoei­er in ’n groot mengbak. In ’n klein bakkie, sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan vir 5 minute tot die gelatien die water geabsorbee­r het en sponserig lyk. Voeg die gesponste gelatien by die jelliepoei­er en giet die kookwater oor. Roer goed tot die jellie, asook die gesponste gelatien, opgelos is. Voeg die maaskaas by en klits deur. Laat effens afkoel. Meng die kondensmel­k en suurlemoen­sap en voeg dit by die maaskaasme­ngsel. Meng goed. Roer heel laaste die verpulpte koejawel by en klits deur. Laat staan die mengsel tot dit begin stol en so dik soos jogurt is. Skep dit dan versigtig op die beskuitjie­laag. (As jy die vulsel op die beskuitjie­s skep terwyl dit nog té loperig is, sal die beskuitjie­s begin dryf. As dit gebeur, druk hulle sagkens met ’n lepel na onder tot die mengsel begin stol.) Verkoel die tert vir minstens 4-5 uur of oornag, tot goed ferm. Krummel ’n paar van die orige Tennisbesk­uitjies fyn oor en verkoel verder tot jy die tert wil bedien. Rond die tert af met geklopte room, indien verkies, of versier dit met dun skyfies koejawel. Lewer 8-10 porsies. Kors 1 pakkie (200 g) klapperkoe­kies, fyn gedruk 50 ml botter, gesmelt 45 ml kondensmel­k

Vulsel 500 ml melk 15 ml botter 60 ml vlapoeier 45 ml suiker Knippie sout

Bolaag 1 blik (397 g) kondensmel­k 100 ml suurlemoen­sap 1 blikkie grenadella­pulp (opsioneel)

Meng ál die bestanddel­e vir die kors saam en druk dit op die bodem van ’n gesmeerde tertbord van 30 cm x 20 cm vas. Verkoel tot benodig. Verhit 400 ml van die melk en die botter saam tot net onder kookpunt. Meng intussen die vlapoeier, suiker en die res van die melk saam tot ’n pasta vorm. Voeg van die warm melk by die vlapasta en roer tot goed gemeng. Gooi alles terug in die kastrol en verhit oor lae hitte, terwyl geroer word, tot kookpunt. Laat prut liggies tot verdik en gaar. Giet die warm vla op die krummelkor­s. Laat afkoel tot gestol. Klits die kondensmel­k, suurlemoen­sap en grenadella­pulp (indien gebruik) saam en laat staan eenkant. As die vla heeltemal koud is, skep die kondensmel­kmengsel oor en maak gelyk. Verkoel tot benodig. Lewer 10 porsies. Dié tert is ’n voorbeeld van “krimpeleen­kos”, daardie gier wat ons getref het toe alles met pakkies en poeiers gemaak is. Maar hierdie resep is regtig lekker.

Kors 1 pak (200 g) karamelbes­kuitjies (ek het Nuttikrust gebruik), fyn gekrummel 100 ml gesmelte botter

Vulsel 1 liter vanieljero­omys 250 ml volroommel­k 2 pakkies (125 g elk) vanieljege­ur kitspoedin­gpoeier

Meng die koekiekrum­mels en botter goed saam en druk dit in ’n tertbord van 30 cm vas. Sit in die yskas. Maak die roomys met ’n houtlepel sag en klits die melk en kitspoedin­gpoeier by tot goed gemeng. Giet in die voorbereid­e kors en verkoel oornag. Lewer 12 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa